Magnifying Glass
Search Loader

Elsabé Brits 
Emily Hobhouse 
Geliefde verraaier

Support
Adobe DRM
Cover of Elsabé Brits: Emily Hobhouse (ePUB)
Hierdie boek vertel die volle, grootliks onbekende verhaal van Emily Hobhouse, nie net ‘n Anglo-Boereoorlogheld nie, maar ook ‘n aktivis en stryder teen onreg en onderdrukking op verskeie kontinente. Elsabé Brits het Emily se handgeskrewe notas, dagboeke en plakboeke in ‘n trommel in Kanada ontdek, en haal hieruit en uit ander nuwe bronne aan. Só gee sy ‘n genuanseerde, vars blik op ‘n buitengewone vrou wat voortdurend in die spervuur was. Van kleintyd het Emily haar verset teen haar lot. Vir vroue was daar min geleenthede en sy moes boonop haar siek pa oppas. Tog raak sy wêreldwyd betrokke by die stryd teen onreg en oorlog. In twee oorloë het sy duisende lewens gered, en nogtans is sy – ‘n ware patriot – in haar eie land onbekend en alleen dood. As kampvegter vir vrouestemreg en in haar uitgesproke teenkanting teen onreg is Emily Hobhouse ‘n ikoon wat vandag nog inspireer. Ontdek die onbekende sy van ‘n verbasend moderne vrou.
€16.99
payment methods

About the author

Elsabé Brits is ‘n veelbekroonde wetenskapjoernalis wat in 1999 by Die Burger in Kaapstad begin werk het, ná ses jaar as joernalis by ‘n gemeenskapskoerant in Polokwane. Sy skryf nou vir Netwerk24.com en steeds vir Media24 se Afrikaanse dagblaaie. Haar eerste boek, Kyk my in die oë, oor bipolêre gemoedstoornis, het in 2011 by Tafelberg verskyn. Hoewel Elsabé spesialiseer in wetenskapjoernalistiek, was dit haar liefde vir feite én vergete verhale wat haar die spoor van Emily Hobhouse laat volg het. Emily het sedertdien onlosmaaklik deel van haar lewe geword.
Language Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 352 ● ISBN 9780624075752 ● File size 3.1 MB ● Publisher Tafelberg ● Published 2016 ● Edition 1 ● Downloadable 24 months ● Currency EUR ● ID 5053447 ● Copy protection Adobe DRM
Requires a DRM capable ebook reader

More ebooks from the same author(s) / Editor

8,481 Ebooks in this category