Lupa
Cargador

Autor: Amore Bekker

Soporte
Amore Bekker het in Durbanville grootgeword en skoolgegaan. In 1986 behaal sy aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus «n graad in drama, en kort daarna begin sy as omroeper werk. Eers by Algoa FM, daarna by Goeie Hoop FM en later by KFM. In 2003 sluit Amore by RSG aan met «n program op Saterdagoggende. Sedert 2007 bied sy elke weekdag tussen 15:00 en 18:00 die gewilde RSG Tjailatyd aan. Sy praat met mense soos die omgewingskundige Dave Pepler, die kruievrou Antoinette Pienaar en die nimlike vermaaklikheidskunstenaar Nataniël. Met haar Draai Wiele, Draai, Stop kry sy luisteraars aan die dink en raai, en sy deel ook hul resepte oor die lug. Die resepte is so gewild, twee kookboeke het reeds daaruit voortgevloei. In 2008 ontstaan die «Tjaila-Karatara-wonderwerkprojek» toe Amore inwoners van dié dorpie vra om hul behoeftes oor die radio te deel. Luisteraars het hul tyd en vaardighede aangebied en «n sokkerbaan is gebou, toneel- en wiskundeklasse is gereël en met die hulp van Leti Kleyn is «n biblioteek gestig. Toe droogte in 2010 daartoe lei dat Beaufort-Wes se water opraak, organiseer Amore die veldtog «Bottels vir Beaufort». Sy vra luisteraars om op pad kannetjies water op die dorp af te laai. Dorpe het mekaar begin uitdaag, en eindelik is 95 000 kannetjies water geskenk en 5 miljoen liter water in reservoirs gestort. Ander dorpe waarop Tjailatyd al die kollig geplaas het, is Bonnievale (2011) en Sutherland, waar mense in 2014 warm klere gaan aflaai het. Met die Tankwa-Karoo-projek is «n speelparkie gebou vir kinders wat tydens inkopietogte buite die winkel moes wag terwyl hul ouers se donkies voor die terugrit asem skep. Amore ondersteun ook die welsynsorganisasie Badisa, spesifiek hul waterprojek. Dit behels die verkoop van gebottelde water om geld in te samel en hulpbehoewende mense by te staan. Soos water lewe gee, gee dié projek hoop aan mense in moeilike omstandighede. Amore se filosofie is: No guts, no glory. Sy bied ook praatjies aan oor haar oortuiging dat «n mens jou instink moet vertrou, en oor een van haar grootste passies in die lewe: kos. Sy is veral mal oor kerrie. Amore is net so lief vir reis en haar gunstelingstad is Istanbul. In 2010 en 2011 is Amore aangewys as die gewildste Afrikaanse omroeper, en sy het ook al verskeie ATKV-Veertjies vir haar werk losgeslaan.




2 Ebooks de Amore Bekker

Amore Bekker: Hartstories: Huis toe met ‘n ligter tred
Op haar gewilde program Tjailatyd op RSG het Amore Bekker luisteraars gevra: deel jul saamrystories met my. Die reaksie? ‘n Vloedgolf verhale vanoor die hele land en selfs uit die buiteland: oor …
EPUB
Africaans
DRM
€10.99
Amore Bekker: Toe-Val-Lig
Die geliefde en gewilde Amore Bekker se keuse van die beste, soms ongelooflike ware stories van toeval soos uitgesaai op RSG se middagprogram Tjailatyd. Luisteraars van dwarsoor die land deel hul …
EPUB
Africaans
DRM
€11.99