Magnifying Glass
Search Loader

Ettie Bierman & Marijke Greeff 
Satyn Omnibus 5 

Support
In Bruid uit die koue wou Jurg die mooie Clio Gericke soveel kere in sy arms neem en haar parmantige mond stil soen. Maar Clio met haar goue hare en viooltjieblou oë was vir hom verbode. Sy was sy ouboet Arnold se nooi, en ʼn man vat nie sy broer se goed nie. Nou, elf jaar later, het Clio teruggekom uit Kanada om by Arnold te kuier, hulle jeugliefde te verseël. Maar die noodlot gryp in, sodat Arnold bewusteloos in die hospitaal lê terwyl Clio by Jurg op Vuurfontein moet bly. Hy kom gou agter dat sy hom steeds as ʼn boef, ʼn rokjagter en ʼn katmoordenaar beskou. Sy kan egter nie die hartstog ontken wat tussen hulle smeul nie . . .
In Vinkel en Koljander het Michael en Mikeila albei ʼn liefdesteleurstelling beleef en besluit dan om met mekaar te trou. Michael, omdat sy ouma se testament dit vereis voor hy sy erfporsie kan kry, en Mikeila omdat sy klaar is met mans en nooit weer wil seerkry nie. Hulle ken mekaar immers al jare, wat kan verkeerd gaan as hulle ʼn huis sou deel? Dit sal ʼn huwelik slegs in naam wees, en indien hulle dit later verkies, ontbind hulle dit net. Maar toe Cora Schumacher by haar man begin aanlê, begin Mikeila die vreemdste gevoelens van jaloesie ervaar . . . Hoekom voel sy skielik lus om dié blonde skoonheid met haar lae hals en bloedrooi naels aan te vat en goed op haar plek te sit?
In Maalstroom kom Wiehan Rautenbach se ongelukkige huwelik tot ʼn einde die dag toe sy vrou, Laura, haar goed vat en hom alleen los met hulle siek dogtertjie. Laura gaan Switserland toe en soek ʼn heenkome by Mieke, haar suster, ʼn mediese dokter soos haar man, Ferdinand Bredenkamp. Maar Mieke is glad nie bly om haar jonger suster te sien nie, want Laura het ʼn reputasie as ʼn opperste verleidster. En kort voor lank word Mieke se vrese bewaarheid toe Laura vir Ferdinand afrokkel. Mieke keer gebroke terug na Suid-Afrika, maar word vining vasgevang in ʼn maalstroom van emosies: hoe kan sy ná alles wat gebeur het verlief wees op haar suster se man? En wat gebeur as Laura die dag terugkeer?
€12.99
payment methods

About the author

Wilmarí Jooste het in 1997 gedebuteer en het daarna verskeie boeke die lig laat sien. Benewens skryf is sy baie lief vir musiek en dans, en sy het deur die jare al verskeie dansskole bedryf. Sy is in 1980 getroud met die man van haar drome en hulle het drie seuns.
Language Afrikaans ● Format EPUB ● ISBN 9780624075677 ● File size 0.6 MB ● Publisher Tafelberg ● Published 2015 ● Edition 1 ● Downloadable 24 months ● Currency EUR ● ID 5505991 ● Copy protection Adobe DRM
Requires a DRM capable ebook reader

More ebooks from the same author(s) / Editor

699,380 Ebooks in this category