Loupe
Search Loader

Albert Blake 
Moord-en-roof 
In die kop van ‘n baasspeurder

Support
Adobe DRM
Couverture du Albert Blake: Moord-en-roof (ePUB)
In die dae toe speurders nog aan hul safaripakke en Grasshopper-skoene uitgeken kon word, was die Moord-en-roofeenheid ewe beroemd as berug. Charles Miller was een van hul topspeurders.

As lid van die Wes-Randse tak het hy verskeie opspraakwekkende moord- en roofsake danksy deeglike speurwerk en ‘n uitstekende netwerk opgelos. Bloedbesmeerde moordtonele, donker hole, omstrede ondervragingsmetodes en smerige informante was alles deel van sy werk. Vir hom en sy kollegas het die adrenalien van klappende skote later soos ‘n dwelm geword.

Maar om jou lewe elke dag op die spel te plaas, eis sy tol. Miller het later ook telling verloor van hoeveel misdadigers hy in die uitvoering van sy pligte doodgeskiet het.

‘n Ware verhaal oor die strewe na geregtigheid en hoe dit dikwels tot ‘n ongemaklike dans met die donker kant lei.
€12.99
méthodes de payement

A propos de l’auteur

Albert Blake is die skrywer van die topverkoper Boereverraaier: Teregstellings tydens die Anglo-Boereoorlog (2010). Die rolprent Verraaiers wat in 2013 vrygestel is, is daarop gebaseer. Hy is ‘n prokureur van beroep met ‘n groot passie vir geskiedenis en het al twee meestersgrade in dié vakgebied behaal het – albei cum laude.

Sy verwerking van ‘n Anglo-Boereoorlog dagboek, Boerekryger: ‘n Seun se hoogste offer, het in 2012 verskyn. Hierdie is sy jongste boek.
Langue Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 304 ● ISBN 9780624057598 ● Taille du fichier 4.4 MB ● Maison d’édition Tafelberg ● Publié 2013 ● Édition 1 ● Téléchargeable 24 mois ● Devise EUR ● ID 4534110 ● Protection contre la copie Adobe DRM
Nécessite un lecteur de livre électronique compatible DRM

Plus d’ebooks du même auteur(s) / Éditeur

10 244 Ebooks dans cette catégorie