Szkło powiększające
Search Loader

Albert Blake 
Moord-en-roof 
In die kop van 'n baasspeurder

Wsparcie
Adobe DRM
Pokrywa Albert Blake: Moord-en-roof (ePUB)
In die dae toe speurders nog aan hul safaripakke en Grasshopper-skoene uitgeken kon word, was die Moord-en-roofeenheid ewe beroemd as berug. Charles Miller was een van hul topspeurders.

As lid van die Wes-Randse tak het hy verskeie opspraakwekkende moord- en roofsake danksy deeglike speurwerk en 'n uitstekende netwerk opgelos. Bloedbesmeerde moordtonele, donker hole, omstrede ondervragingsmetodes en smerige informante was alles deel van sy werk. Vir hom en sy kollegas het die adrenalien van klappende skote later soos 'n dwelm geword.

Maar om jou lewe elke dag op die spel te plaas, eis sy tol. Miller het later ook telling verloor van hoeveel misdadigers hy in die uitvoering van sy pligte doodgeskiet het.

'n Ware verhaal oor die strewe na geregtigheid en hoe dit dikwels tot 'n ongemaklike dans met die donker kant lei.
€12.99
Metody Płatności

O autorze

Albert Blake is die skrywer van die topverkoper Boereverraaier: Teregstellings tydens die Anglo-Boereoorlog (2010). Die rolprent Verraaiers wat in 2013 vrygestel is, is daarop gebaseer. Hy is 'n prokureur van beroep met 'n groot passie vir geskiedenis en het al twee meestersgrade in dié vakgebied behaal het – albei cum laude.

Sy verwerking van 'n Anglo-Boereoorlog dagboek, Boerekryger: 'n Seun se hoogste offer, het in 2012 verskyn. Hierdie is sy jongste boek.
Język Afrikaans ● Format EPUB ● Strony 304 ● ISBN 9780624057598 ● Rozmiar pliku 4.4 MB ● Wydawca Tafelberg ● Opublikowany 2013 ● Ydanie 1 ● Do pobrania 24 miesięcy ● Waluta EUR ● ID 4534110 ● Ochrona przed kopiowaniem Adobe DRM
Wymaga czytnika ebooków obsługującego DRM

Więcej książek elektronicznych tego samego autora (ów) / Redaktor

10 244 Ebooki w tej kategorii