Loupe
Search Loader

André Le Roux 
Kinders wat moor 
Wie se skuld is dit?

Support
Adobe DRM
Couverture du André Le Roux: Kinders wat moor (ePUB)
Die een moordenaar suig sy duim. Die ander een klim op sy ma se skoot en begin huil. Hulle speel met hul speelgoed en lees hul strokiesprente op die vloer van die polisiekantoor. Hulle is albei 10 jaar oud. Wat dryf ‘n kind om moord te pleeg? ‘n Skynbaar normale kind uit ‘n ‘goeie’ huis … Henri van Breda, die Welkom-begraafplaasmoord, Marcel Steyn van die Krugersdorpse afspraakmoorde en soveel ander, dalk al vergete: die Waterkloof-4, Marlene Lehnberg, Charmaine Phillips, Phoenix Racing Cloud Theron … André le Roux kyk na die kínd agter dié opspraakwekkende moorde en soek na ‘n antwoord aan die hand van gevallestudies en die jongste navorsing. Wat gaan aan in ‘n kind se kop van geboorte tot adolessensie? Wat is die rol van gene, ouers (die ma, altyd die ma), sosiale media, die internet, videogeweld, boelies, portuurdruk, stres en dagga? Die groter vraag is hoe om ‘n suksesvolle kind groot te maak, een wat nie die spoor byster raak of moor nie … Deur die skrywer van Narsiste, psigopate, stalkers en sadiste.
€14.99
méthodes de payement

A propos de l’auteur

André le Roux is ‘n veelbekroonde koerant- en tydskrifjoernalis en rubriekskrywer met bykans 40 jaar ondervinding. Hy het in die laat 1970’s en die vroeë ’80’s begin publiseer toe sensuur hoogty gevier het. Sy eerste boeke is verbied. Hy skryf deesdae hoofsaaklik niefiksie en het ‘n wye belangstelling in neurowetenskap en geestesgesondheid.
Langue Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 352 ● ISBN 9780624089438 ● Taille du fichier 4.9 MB ● Maison d’édition Tafelberg ● Publié 2020 ● Édition 1 ● Téléchargeable 24 mois ● Devise EUR ● ID 7383843 ● Protection contre la copie Adobe DRM
Nécessite un lecteur de livre électronique compatible DRM

Plus d’ebooks du même auteur(s) / Éditeur

10 145 Ebooks dans cette catégorie