In Skemerspel moet Eben sy geliefde Christine teen sy sin agterlaat wanneer hy in Leiden gaan studeer. Hy het gehoop sy sal hom kan vergesel, maar haar jong boetie se herstel na ’n ernstige ongeluk is stadig en sy kan hom en haar bejaarde ou vader nie alleen los nie. Maar is hul liefde sterk genoeg om so ’n lang skeiding te deurstaan?
About the author
Helene de Kock is ’n bekende en gewilde skrywer van veral liefdesromans. Sy woon in Pretoria. Haar roman, Abel se dogters, het binne enkele maande uitverkoop en moes herdruk word. Sy het ook sedertdien twee langer romans gepubliseer: Dieper water en Somersneeu. Daar het reeds verskeie omnibusse van haar romans verskyn, o.m.: Die Riemland Tweeluik, Die Wynland Omnibus en die Helene de Kock Omnibusse 1, 2 en 3.
Language Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 141 ● ISBN 9780798168625 ● File size 0.3 MB ● Publisher Human & Rousseau ● Published 2014 ● Edition 1 ● Downloadable 24 months ● Currency EUR ● ID 4738044 ● Copy protection Adobe DRM
Requires a DRM capable ebook reader