Kaca pembesar
Cari Loader

Penulis: Francois Smith

Dukung
Francois Smith verdien sy brood en botter as uitgewersredakteur, maar as hy die geringste kans kry, skryf hy eerder sy eie werk. Van sy verhale het in die bloemlesings Bloots, Kosblik en Skarlakenkoors verskyn; sy vertaling van David Kramer: ’n Biografie is met ’n Sala-letterkundeprys bekroon. Hy en sy gesin woon in Wynberg, Kaapstad, maar eintlik kom hy van die Vrystaat. Hy het ’n Ph.D. in die letterkunde van die Universiteit van Kaapstad en as hy nie skrywers soos Dan Sleigh, P.G. du Plessis en Elsa Joubert help om hul manuskripte te vervolmaak nie, tree hy as gasdosent in die letterkunde op, of bied skryfslypskole aan. In ’n vorige lewe was hy ’n siviele ingenieur, in die volgende wil hy met wedvlugduiwe boer.




4 Ebooks oleh Francois Smith

Francois Smith: Kamphoer
Dit is die Eerste Wêreldoorlog. In ’n Britse militêre hospitaal staan Susan Nell voor die deur van een van die private sale. Op die deur is ’n enkele naam aangebring. Sy ken daardie naam. Sestien …
EPUB
Afrikanas
DRM
€14.99
Francois Smith: The Camp Whore
It is the First World War and Susan Nell stands before the door of a private ward in a British military hospital. On the door she reads a single name. She knows that name. Sixteen years ago, during …
EPUB
Inggris
DRM
€13.99
Francois Smith: Die kleinste ramp denkbaar
Op die oog af is dié roman ’n storie oor ’n goeie dokter en ’n slegte polisieman. Want ’n bosluisbyt aan die polisieman Frans Schuin lei onverwags tot ’n tydperk van verwarring by die plattelandse …
EPUB
Afrikanas
DRM
€12.99
Francois Smith: Die getuienis
Hulle albei het dit tog vertel. Dit is wat sy onthou toe sy tussen ’n klomp papiere die uitdruk van ’n ou e-pos van haar kry. Hoe Vader hulle Ventershoop toe gestuur het en toe alles voorsien het, …
EPUB
Afrikanas
DRM
€10.99