Magnifying Glass
Search Loader

Koos Human 
Die A tot Z van Klassieke Musiek 

Support
Adobe DRM
Cover of Koos Human: Die A tot Z van Klassieke Musiek (ePUB)
Die A tot Z van klassieke musiek, ‘n Gids met beknopte biografieë van belangrike komponiste en besprekings van hul belangrikste werk. Dit bevat ook die verhale van bekende operas en ballette en besprekings van simfonieë.
Kyk, Franz Liszt word dikwels onderskat: ‘n vertonerige virtuoos wat oppervlakkige musiek geskryf het bloot om sy pianistiese vernuf ten toon te stel. Koos Human sê so in sy Die A tot Z van klassieke musiek.
€16.99
payment methods

About the author

Koos Human was maar in sy twintigerjare toe hy Human & Rousseau in 1959 saam met Leon Rousseau gestig het. Hierdie vernuwende jong uitgewery het baie gou ’n beduidende bydrae gelewer tot die bevordering van die boekebedryf in Suid-Afrika. Human & Rousseau is tot vandag toe, as deel van NB Uitgewers, een van ons voorste drukname.
Human was meer as veertien jaar lid van die uitvoerende komitee van die voormalige Kaaplandse Raad vir die Uitvoerende Kunste en was ’n trustee van die Oude Meester-stigting vir die uitvoerende kunste (nou die Distell-stigting). Hy het verskeie reekse musiekprogramme oor die radio aangebied en sestien jaar lank ’n rubriek oor klassieke opnames vir Die Burger behartig. By die beëindiging daarvan het die kunsredakteur geskryf: “. . . hy het oor jare kennis, insig en liefde vir die onderwerp uitgedruk in leesbare, fynversorgde rubrieke wat getuig van sy woordgevoeligheid en sin vir humor.”
Language Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 328 ● ISBN 9780798173056 ● File size 2.9 MB ● Publisher Human & Rousseau ● Published 2016 ● Edition 1 ● Downloadable 24 months ● Currency EUR ● ID 5286524 ● Copy protection Adobe DRM
Requires a DRM capable ebook reader

More ebooks from the same author(s) / Editor

1,564 Ebooks in this category