Magnifying Glass
Search Loader

Author: PG du Plessis

Support
Pieter George (PG) du Plessis is op 14 Julie 1934 op Boshof in die Vrystaat gebore. Hy matrikuleer aan die Hoër Volkskool op Heidelberg. In 1955 behaal hy ’n BA-graad in Afrikaans-Nederlands en Geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria. PG du Plessis behaal in 1966 sy doktorsgraad onder NP van Wyk Louw oor Die verwysing in die literatuur. Later is hy ’n direkteur by die RGN, eindredakteur van die tydskrif Standpunte, assistentredakteur van die dagblad Die Transvaler en ook redakteur van Hoofstad. PG se eerste drama Die nag van legio verskyn in 1969. Hy ontvang die Hertzogprys vir drama in 1972 vir Legio en Siener in die suburbs. Hy word ook bekend vir Koöperasiestories wat tot TV-reeks verwerk is. Hy was die draaiboekskrywer vir die TV-reeks Feast of the Uninvited wat later verwerk is tot sy roman Fees van die ongenooides wat in 2008 verskyn het. Hy is in 2017 oorlede.




4 Ebooks by PG du Plessis

PG du Plessis: Kortetjies en ‘n lange
Onder die storievertellers is PG du Plessis ’n gerekende en bekende. Nie net op die TV of van die verhoog af nie, maar ook in koerantrubrieke en in die bundels wat reeds in boekvorm verskyn het. Baie …
EPUB
Afrikaans
DRM
€14.99
PG du Plessis: Fees van die ongenooides
Dit is die jaar 1901. Die son het gesak oor ’n verskroeide landskap, en die landskap verwelkom die duister. Die doringdraad en tentrye van die konsentrasiekamp is nog net ’n swart vlek op die vlakte. …
EPUB
Afrikaans
DRM
€15.99
PG du Plessis: Die nag van legio
Die nag van legio is Du Plessis se debuutdrama. Die karakters in die drama is almal geestelik versteurd en die handeling word in een nag voltrek. Hierdie drama besorg aan hom die W.A. Hofmeyr-prys in …
EPUB
Afrikaans
DRM
€11.99
PG du Plessis: Koöperasiestories
PG du Plessis was een van Afrikaans se meestervertellers. En met Koöperasiestories wat ook as ’n televisiereeks uitgesaai is, het hy volksbesit geword. Hierdie heruitgawe is ’n keur van die gewildste …
EPUB
Afrikaans
DRM
€9.99