Szkło powiększające
Search Loader

Autor: Gerrit Rautenbach

Wsparcie
Gerrit Rautenbach is ’n onrustige reisiger, reisskrywer en fotograaf wat al op vreemde plekke geslaap het. Soos die woestyn in Saoedi-Arabië. Onder die Charles-brug in Praag. Bo-op Kilimandjaro. Die diep Namib. Hy het al meer as twintig reise deur Afrika onderneem. Op een was hy die eerste skrywer ooit om oor die magiese Kuamboka-seremonie in Barotseland, Wes-Zambië te berig. Hy het die heel eerste Suider-Afrikaanse Avontuurgids saamgestel, was die stigtersredakteur van Mooiloop, het ’n aanvallende boerbok in Malawi ore aangesit en op ’n keer het ’n olifant sy lemoene uit sy daktent gevreet. Terwyl hy besig was om ’n storie te skryf. In die tent. Deesdae bly Gerrit saam met sy geliefde KTM-motorfiets in Stellenbosch. Soms . . . Sy kortverhaalbundel Kopreis het in 2011 verskyn.




3 Ebooki wg Gerrit Rautenbach

Gerrit Rautenbach: Kopreis
Elke reis het ’n storie en elke storie is ’n reis. Want wat is ’n reis? Dis sekerlik wanneer ’n mens van A na B beweeg, ’n tog van een plek na ’n ander. Die vraag is nou net, hoe definieer ’n mens …
EPUB
Afrikaans
DRM
€13.99
Gerrit Rautenbach: Hartepad
Watter soort pad is ’n hartepad? Is dit bloot ’n pad van die hart? Of het dit iets met die ware hardepad te doen? Dis ’n mengsel van albei, want reis is blootstellend. Jy ervaar die ongerief (Paul …
EPUB
Afrikaans
DRM
€13.99
Gerrit Rautenbach: Mooiloop: Mooiste reisstories
Reis word meer as net ’n stap-vir-stap-vertelling en skrywers soos Eben Venter, Chris Barnard, Hennie Aucamp, Riana Scheepers en nog vele ander bekende pennemeesters voer jou – die leser – mee na hul …
EPUB
Afrikaans
DRM
€13.79