Szkło powiększające
Search Loader

Piekfyn Afrikaans Graad 11 Huistaal Leerderboek 

Wsparcie
Adobe DRM
Pokrywa Piekfyn Afrikaans Graad 11 Huistaal Leerderboek (ePUB)
Piekfyn Afrikaans Graad 11 bevat interessante en kontemporêre leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Huistaal. Boonop word taalinhoud met dié van verskeie ander vakke geïntegreer wat jou ervaringswêreld sal verryk en jou deeglik vir Graad 12 sal voorberei.

Die wye verskeidenheid interaktiewe aktiwiteite sorg vir die inoefening en vaslegging van al die taalvaardighede. Afdelings soos Pitkos, In ’n neutedop en die piekfyn Indeks gaan jou voorberei vir enige soort assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook
• vir begrip en pure genot liplekker tekste lees
• in verskillende sosiale situasies seepglad kommunikeer
• verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik
• vlot en ekspressief praat en toesprake lewer
• noukeurig en krities na taalgebruik luister, en taalstrukture deeglik en foutloos gebruik
• heelwat transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf volgens die stappe van prosesskryf.

Maar dit is nie al nie. . . Hou jy van fliek of om na ’n boeiende of grapperige sepie te kyk? Wel, nou gaan jy dit alles in die Afrikaanse klas doen! Jy gaan dit vreeslik geniet om Afrikaans te praat en te skryf terwyl jy na al die mense van Mandela-rylaan kyk. Ja, Piekfyn Afrikaans het sy eie film en filmsterre! “Mandela-rylaan se stories” is ’n tipies Suid-Afrikaanse TV-sepie. Behalwe kyk, gaan jy ook lekker gesels en jou mening gee oor die film, karakters en gebeure.

Geniet ’n Piekfyn-leerervaring!
€8.99
Metody Płatności
Język Afrikaans ● Format EPUB ● Strony 396 ● ISBN 9781775896142 ● Rozmiar pliku 15.9 MB ● Wiek 17-17 lat ● Wydawca Best Books ● Opublikowany 2014 ● Ydanie 1 ● Do pobrania 24 miesięcy ● Waluta EUR ● ID 4766214 ● Ochrona przed kopiowaniem Adobe DRM
Wymaga czytnika ebooków obsługującego DRM

11 005 Ebooki w tej kategorii