Szkło powiększające
Search Loader

Schalkie van Wyk 
Aan die einde van die reënboog 

Wsparcie
'Toe Annemarie de Villiers, welgestelde Boeremeisie uit die Kaapkolonie, die onstuimige Boererepublieke besoek om haar vermiste broer op te spoor, het sy geen benul gehad van wat die toekoms vir haar inhou nie . . .
Met haar aankoms by haar bestemming ontbreek die blye verwelkoming wat sy te wagte was. Skaars het haar fynversorgde voetjies egter die stasieperron betree, of ’n baie aantreklike, blonde Engelse offisier omhels haar hartstogtelik en lei haar met luide liefdesbetuigings weg. Die “Engelsman” blyk toe ’n Boerespioen te wees, baie aktief betrokke by die Vryheidsoorlog. Die feit dat Annemarie haar hart op hom verloor, dra ook nie by om sake te vergemaklik nie.
Sy word daarvan beskuldig dat sy ’n medepligtige was in ’n sameswering teen die Britse regering en slegs haar verraaier-neef se vriendskap met die vyande van sy volk bied haar weer haar vryheid.
Haar blonde spioen stuur briefies, blomme, beloftes . . . maar is dit net ’n set om haar samewerking te bekom? En waar bevind haar broer, Jean, hom?
’n Mens kan tog nie sonder meer soos ’n groot speld verdwyn nie . . .
€4.99
Metody Płatności
Język Afrikaans ● Format EPUB ● Strony 264 ● ISBN 9780624057413 ● Rozmiar pliku 0.3 MB ● Wydawca Tafelberg ● Opublikowany 2012 ● Ydanie 1 ● Do pobrania 24 miesięcy ● Waluta EUR ● ID 4534092 ● Ochrona przed kopiowaniem Adobe DRM
Wymaga czytnika ebooków obsługującego DRM

Więcej książek elektronicznych tego samego autora (ów) / Redaktor

257 870 Ebooki w tej kategorii