Szkło powiększające
Search Loader

Stephan Joubert 
’n Lewe voor God 
366 dagstukkies oor praktiese Christenwees

Wsparcie
'Vandag is die enigste tyd wat jy het om iets konstruktief gedoen te kry … en ook om vir die Here te leef.’ 'n Lewe voor God is 366 dagstukkies uit die pen van een van Suid-Afrika se geliefde skrywers en teoloë, Stephan Joubert. Met dié keur uit sy dagstukkies help Stephan ons om elke dag bewustelik en met oorgawe in die aangesig van God te leef. Hy lei ons deur middel van temas soos gebed, naasteliefde, vergifnis en genade om elke dag in eerlikheid voor God ons lewe aan te pak.
€11.99
Metody Płatności

O autorze

Stephan Joubert is 'n teoloog, bekroonde skrywer, prediker en 'n gesinsman. Hy is hoof van ekerk, 'n virtuele geloofsgemeenskap wat mense regoor die wêreld deur digitale bediening bereik. Hy is ook 'n buitengewone professor by verskeie universtiteite. Hy skryf rubrieke in Beeld en JUIG! Die Boodskap, 'n eietydse vertaling van die Bybel saam met Jan van der Watt, is een van die mylpale in sy lewe. Stephan is die skrywer van talle boeke, onder meer Jesus – 'n radikale sprong, wat in 2010 met die Andrew Murray-prys bekroon is. Hy het al meer as 55 titels uitgegee en meer as 200 000 boeke verkoop.
Język Afrikaans ● Format EPUB ● Strony 384 ● ISBN 9780796321343 ● Rozmiar pliku 0.6 MB ● Wydawca Lux Verbi ● Opublikowany 2018 ● Ydanie 1 ● Do pobrania 24 miesięcy ● Waluta EUR ● ID 6606680 ● Ochrona przed kopiowaniem Adobe DRM
Wymaga czytnika ebooków obsługującego DRM

Więcej książek elektronicznych tego samego autora (ów) / Redaktor

118 305 Ebooki w tej kategorii