Magnifying Glass
Search Loader

Riens Vosloo & Henk Viljoen 
Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 9 Huistaal 

Support
Adobe DRM
Cover of Riens Vosloo & Henk Viljoen: Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 9 Huistaal (ePUB)
Piekfyn Afrikaans Graad 9 bevat prikkelende leerstof vir jou as leerder van Huistaal. Daar is interessante tekste en piekfyn illustrasies en prente om jou taalvaardighede en visuele geletterdheid te ontwikkel. Boonop word taalinhoud met dié van verskeie ander vakke geïntegreer sodat jy jou taalkennis ook in jou ander vakke kan toepas.

Die aktiwiteite is gerig op jou verwerwing van taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, woorspeletjies, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is jou voorland. Afdelings soos Pitkos, In ’n neutedop, die Indeks, die Letterkundegids en die Taalgids gaan jou voorbereiding vir enige soort leer en assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook
• verskeie stories en inligtingstekste lees;
• visuele tekste krities interpreteer en verduidelik;
• oortuigend en spontaan praat in verskeie mondelinge situasies;
• hardoplees en toesprake lewer;
• aandagtig en krities na inligting en stories luister;
• taalstrukture en -konvensies deeglik en foutloos in jou mondelinge en skriftelike aanbiedings gebruik; en
• heelwat transaksionele en kreatiewe tekste soos opstelle en briewe skryf.

Piekfyn Afrikaans help jou verder met voorbereiding vir die halfjaar- en eindeksamen. Al die vraestelle wat jy hierdie jaar moet aflê, word in dié handboek voorsien – ook toetse en baie hersieningsoefeninge.

Maar dis nie al nie . . . Jy het ook ’n Piekfyn Afrikaans Leesboek wat jou verbeelding gaan aangryp en jou inspireer om self ’n storie, gedig of ’n drama te skryf!

Ons weet dat Piekfyn Afrikaans jou gaan help om Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieënde vaandels te slaag!

Geniet ʼn Piekfyn-leerervaring!
€7.99
payment methods
Language Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 354 ● ISBN 9781770029514 ● File size 17.0 MB ● Age 17-15 years ● Publisher Best Books ● Published 2013 ● Edition 1 ● Downloadable 24 months ● Currency EUR ● ID 4766082 ● Copy protection Adobe DRM
Requires a DRM capable ebook reader

More ebooks from the same author(s) / Editor

11,027 Ebooks in this category