Lupă
Încărcător de căutare

Kees Van Dijkhorst 
Die Hof Verdaag 

Ajutor
Adobe DRM
Copertina de Kees Van Dijkhorst: Die Hof Verdaag (ePUB)

Vir meeste gewone mense is die regswêreld totaal vreemd en intimiderend. Vir baie selfs vreesaanjaend.Hierdie boek is soos ‘n warrelwind wat ‘n kostelike vrag  van humorvolle anekdotes van hofsake en hofverrigtinge, lagwekkende grepies uit die verlede asook uit ander lande se regspraktyke, onmoontlike uitsprake en allersnaakste stories vir die leser bring. Die boek bewys dat die regbank en die regswêreld ook propvol menslike drama, intrige, soms groot domheid en baie kere vol patos is.Dis ‘n kleurvolle kaleidoskoop van die baie ligter fasette van die regspleging. In die geheel en ten diepste is dit die skrywer se eie nostalgiese, soms aweregse maar veral passievolle terugblik op sy eie moeisame klimtog teen die steil berghange van die regslandskap.

€5.99
Metode de plata

Despre autor

Kees van Dijkhorst is een van Suid-Afrika se mees gerekende regsgeleerdes en regshervormers. By sy aftrede in 2000 het hy meer as veertig jaar se ervaring as prokureur, advokaat, regsdosent, skrywer en senior regter van die Transvaalse Hooggeregshof, met sommige van ons mees toonaangewende uitsprake, agter die rug. Daarna is hy steeds aktief as skrywer en arbiter. Hy is ‘n bergklimmer wat van die wêreld se magtigste bergpieke bestyg het en ‘n wêreldreisiger wat die mees ongewone en eksotiese plekke en lande besoek het. Hy is ‘n aktiewe boer.Kees van Dijkhorst is een van ons land se mees gerekende regsgeleerdes en regshervormers. By sy aftrede in 2000 het hy meer as veertig jaar se ervaring as prokureur, advokaat, regsdosent, skrywer en senior regter van die Transvaalse Hooggeregshof, met sommige van ons mees toonaangewende uitsprake, agter die rug. Daarna is hy steeds aktief as skrywer en arbiter. Hy is ‘n bergklimmer wat van die wêreld se magtigste bergpieke bestyg het en ‘n wêreldreisiger wat die mees ongewone en eksotiese plekke en lande besoek het. Hy is ‘n aktiewe boer.
Limba Africană ● Format EPUB ● Pagini 160 ● ISBN 9780620620963 ● Mărime fișier 4.6 MB ● Editura Kees van Dijkhorst ● Publicat 2016 ● Ediție 1 ● Descărcabil 24 luni ● Valută EUR ● ID 5464208 ● Protecție împotriva copiilor Adobe DRM
Necesită un cititor de ebook capabil de DRM

Mai multe cărți electronice de la același autor (i) / Editor

10.095 Ebooks din această categorie

Fara rezultate