Förstoringsglas
Sök Loader

Kees Van Dijkhorst 
Die Hof Verdaag 

Stöd
Adobe DRM
Omslag till Kees Van Dijkhorst: Die Hof Verdaag (ePUB)

Vir meeste gewone mense is die regswêreld totaal vreemd en intimiderend. Vir baie selfs vreesaanjaend.Hierdie boek is soos ’n warrelwind wat ’n kostelike vrag  van humorvolle anekdotes van hofsake en hofverrigtinge, lagwekkende grepies uit die verlede asook uit ander lande se regspraktyke, onmoontlike uitsprake en allersnaakste stories vir die leser bring. Die boek bewys dat die regbank en die regswêreld ook propvol menslike drama, intrige, soms groot domheid en baie kere vol patos is.Dis ’n kleurvolle kaleidoskoop van die baie ligter fasette van die regspleging. In die geheel en ten diepste is dit die skrywer se eie nostalgiese, soms aweregse maar veral passievolle terugblik op sy eie moeisame klimtog teen die steil berghange van die regslandskap.

€5.99
Betalningsmetoder

Om författaren

Kees van Dijkhorst is een van Suid-Afrika se mees gerekende regsgeleerdes en regshervormers. By sy aftrede in 2000 het hy meer as veertig jaar se ervaring as prokureur, advokaat, regsdosent, skrywer en senior regter van die Transvaalse Hooggeregshof, met sommige van ons mees toonaangewende uitsprake, agter die rug. Daarna is hy steeds aktief as skrywer en arbiter. Hy is ’n bergklimmer wat van die wêreld se magtigste bergpieke bestyg het en ’n wêreldreisiger wat die mees ongewone en eksotiese plekke en lande besoek het. Hy is ’n aktiewe boer.Kees van Dijkhorst is een van ons land se mees gerekende regsgeleerdes en regshervormers. By sy aftrede in 2000 het hy meer as veertig jaar se ervaring as prokureur, advokaat, regsdosent, skrywer en senior regter van die Transvaalse Hooggeregshof, met sommige van ons mees toonaangewende uitsprake, agter die rug. Daarna is hy steeds aktief as skrywer en arbiter. Hy is ’n bergklimmer wat van die wêreld se magtigste bergpieke bestyg het en ’n wêreldreisiger wat die mees ongewone en eksotiese plekke en lande besoek het. Hy is ’n aktiewe boer.
Språk Afrikaans ● Formatera EPUB ● Sidor 160 ● ISBN 9780620620963 ● Filstorlek 4.6 MB ● Utgivare Kees van Dijkhorst ● Publicerad 2016 ● Utgåva 1 ● Nedladdningsbara 24 månader ● Valuta EUR ● ID 5464208 ● Kopieringsskydd Adobe DRM
Kräver en DRM-kapabel e-läsare

Fler e-böcker från samma författare (r) / Redaktör

10 095 E-böcker i denna kategori

Inga resultat