Lupă
Încărcător de căutare

Best Books Studiewerkgidse 
Studiewerkgids: Die laaste karretjiegraf 
vir Graad 11 Eerste Addisionele Taal

Ajutor
Adobe DRM
Copertina de Best Books Studiewerkgidse: Studiewerkgids: Die laaste karretjiegraf (ePUB)
Best Books Studiewerkgids: Die laaste karretjiegraf. Hoe goed ken jy jou voorgeskrewe drama? Verstaan jy die inhoud en struktuur? Is jy reg om eksamen te skryf daaroor? Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Die laaste karretjiegraf, die voorgeskrewe drama vir Graad 11 Afrikaans Eerste Addisionele Taal, ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van die drama word daarin gedek ? in taal wat leerders verstaan. Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word die hele tyd na die dramateks verwys. Wat maak ons studiewerkgidse anders? Hierdie studiewerkgids is deel van ?n reeks. Soos die naam sê, is dit nie net ?n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ?n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek. Inhoud van hierdie studiewerkgids: inleiding tot die drama; opsommings van al die tonele, met Engelse vertalings van moeilike woorde; ná elke opsomming volg kontekstuele vrae in Afrikaans, met genoeg plek vir leerders se antwoorde; antwoorde op alle vrae word verskaf; die struktuur van die drama, karakterisering, ensovoorts; literêre begrippe, simbole, styl, ensovoorts; verrykingsaktiwiteite om leerders se belangstelling aan te wakker; ?n Konsepvraestel (met antwoorde) om leerders se kennis te toets; alle studiewerkgidse in hierdie reeks is saamgestel volgens KABV-voorskrifte. Hierdie studiewerkgids sluit aan by Die laaste karretjiegraf, die goedgekeurde voorgeskrewe drama vir Graad 11 Afrikaans Eerste Addisionele Taal.
€9.49
Astăzi 7% reducere
€9.49
Metode de plata

Despre autor

Alicia van der Spuy het ’n MA (cum laude) in Tweedetaal Onderrig en ’n doktorsgraad in Afrikaanse Letterkunde. Sy is tans ’n senior lektor en departementshoof (Corporate Communication and Marketing) aan die Walter Sisulu Universiteit in Oos-Londen.
Limba Africană ● Format EPUB ● Pagini 68 ● ISBN 9781776070176 ● Editura Best Books ● Publicat 2015 ● Ediție 1 ● Descărcabil 24 luni ● Valută EUR ● ID 5219269 ● Protecție împotriva copiilor Adobe DRM
Necesită un cititor de ebook capabil de DRM

20.426 Ebooks din această categorie