Magnifying Glass
Search Loader

Rudie van Rensburg 
Hans kry troukoors 

Support
Adobe DRM
Cover of Rudie van Rensburg: Hans kry troukoors (ePUB)
Hans het geen begeerte om ná soveel jare alleen weer vrou te vat nie. Maar alles verander toe ’n nuwe inwoner, Liefiediefie, in Huis Madeliefie land. Met haar Marilyn Monroe-gesiggie en Jane Fonda-lyfie veroorsaak sy ’n heidense herrie onder die mans en roer sy iets in Hans se gemoed los. Nog ’n nuwe inkommer, Janneman Vermaak, ding om haar hart mee. Boonop wil hy Hans as leidsman in die tehuis onttroon. Maar iets aan dié opperse snoeshaan en die talentkompetisies wat hy reël is nie pluis nie.
€10.99
payment methods

About the author

Rudie van Rensburg woon in Kaapstad en het al dertien uiters gewilde spanningsverhale geskryf: Slagyster, Kopskoot, Judaskus, Pirana, Kamikaze,  Ys,  Medusa,  Vloek,  Merk,  Hartedief,  Monster,  Doolhof en Dwelm, en die topverkopende komiese romans Hans steek die Rubicon oor,  Hans gee Herklaas horings,  Hans bars die bioborrel en Hans hou sy lyf Sherlock.
Language Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 240 ● ISBN 9780795802638 ● File size 0.2 MB ● Publisher Queillerie ● Published 2023 ● Edition 1 ● Downloadable 24 months ● Currency EUR ● ID 9149747 ● Copy protection Adobe DRM
Requires a DRM capable ebook reader

More ebooks from the same author(s) / Editor

701,765 Ebooks in this category