Förstoringsglas
Sök Loader

Sandbergh Beyers 
Bloedspore in die Sahara 

Stöd

BLOEDSPORE IN DIE SAHARA – SAHARA WOESTYN REEKS




’n Bormoen Arabier stuur ’n boodskap aan Kolonel Ribrun van fort Dini Sadazi. Daarin versoek hy dat een van die ander Franse forte, genaamd Fort Ney dadelik ontruim moet word.




Kolonel Ribrun staan van sy manskappe af om Fort Ney te gaan versterk teen ’n moontlike aanval. Net toe die versterkingspatrollie die fort bereik, word hulle in die woestyn aangeval deur duisende Bormoen-ruiters. Hul mede soldate in die Franse fort word ook in dieselfde tyd aangeval en almal uitgemoor. Slegs dertig van die oorspronklike 120 man wat Fort Ney moes gaan versterk bly oor en word gevange geneem en na die Bormoen stad weggevoer, om daar gemartel en vermoor te word. Joos is een van die manskappe wat die aanval oorleef het en hy het ’n appeltjie te skil met die Bormoen leier, want hy het sy broer wat jare gelede sendingwerk daar gedoen het, laat vermoor.




In die stad van die Bormoen leier kry Joos en twee van sy vriende hulp van ’n onverwagte oord en slaag wonderbaarlik daarin om uit die stad te ontsnap. Voor hulle egter ontsnap, slaag hulle daarin om ’n groot gevaar uit die weg te ruim, maar hulle hoor ook van ’n nog groter gevaar wat voorlê. Hulle vreugde is egter van korte duur, want die Bormoen Arabiere volg hulle meedoënloos deur die woestyn. Met slim sette slaag Joos en sy twee mede-soldate daarin om uit die hande van die Bormoen te bly. Net toe redding binne hul bereik is, word hulle weer gevang en die keer lyk dit asof die einde finaal vir hulle aangebreek het. Die Bormoen het egter nie rekening gehou met Joos se vernuftige brein nie en omring deur duisende Arabier in die middel van die woestyn, kry die drie man iets ongeloofliks reg wat moontlik net die verskil tussen lewe en dood kan beteken.

€6.39
Betalningsmetoder
Språk Afrikaans ● Formatera EPUB ● Sidor 158 ● ISBN 9781928498599 ● Filstorlek 2.2 MB ● Redaktör Pieter Haasbroek ● Utgivare Pieter Haasbroek ● Land GB ● Publicerad 2021 ● Nedladdningsbara 24 månader ● Valuta EUR ● ID 8202452 ● Kopieringsskydd utan

Fler e-böcker från samma författare (r) / Redaktör

83 045 E-böcker i denna kategori