Büyüteç
Arama Yükleyici

Anemari Jansen 
Eugene de Kock: Sluipmoordenaar van die staat 

Destek
Adobe DRM
Örtmek Anemari Jansen: Eugene de Kock: Sluipmoordenaar van die staat (ePUB)
Eugene de Kock het die bloed van tientalle mense aan sy hande. Vir die meeste Suid-Afrikaners is hy die ‘monster’ van Vlakplaas. Tog was Anemari Jansen gefassineer toe sy hom in 2011 vir die eerste keer in Pretoria-Sentraal ontmoet. Hoe versoen sy die man ‘met die sagte stem’ met die mens wat Prime Evil gedoop is? Jansen se soeke na antwoorde het haar na alle uithoeke van die land geneem, na De Kock se familie, vriende en oud-Koevoet- en Vlakplaaskollegas, wat talle ontboesemings teenoor haar gemaak het. Sy haal ook groot dele aan uit De Kock se dagboeke en ‘n ongepubliseerde tronkmanuskrip. In sy eie woorde is De Kock skreiend eerlik: oor sy wandade, oor sy opdraggewers – en oor sy berou. Dié boek skets ‘n prentjie van ‘n intelligente, komplekse mens. Dit belig nie net De Kock se keuses nie, maar ook die onlangse Suid-Afrikaanse verlede op ‘n openbarende, soms skokkende manier.
€15.99
Ödeme metodları

Yazar hakkında

In 2011 het Anemari Jansen onverwags die kans gekry om Eugene de Kock in die tronk te gaan ontmoet. Sy was dadelik gefassineer deur die man ‘met die sagte stem’, die voormalige bevelvoerder van Vlakplaas wat algemeen as Prime Evil bekend staan. Sy het De Kock se vertroue gewen en haar vir die volgende drie jaar deur niks laat stuit nie om alles oor hom uit te vind: sy het Vlakplaas besoek, tientalle onderhoude met sy oud-Koevoet- en Vlakplaaskollegas gevoer en hom Sondag na Sondag in die ou Pretoria-Sentraal gaan besoek. Sy moes net weet: Hoe het dit gebeur dat De Kock sulke wrede dinge kon doen? Haar soeke na antwoorde het haar na alle uithoeke van die land geneem en sou haar lewe onherroeplik verander. Jansen se debuutroman, Glipstroom, het in 2014 by Tafelberg verskyn. Sy het ‘n M.A. in Afrikaans van die destydse R.A.U. en ‘n B.A. (HOD) van die Universiteit Pretoria. Sy skryf sedert 2012 artikels vir die aanlynpolisietydskrif e Nongqai.
Dil Afrikaans ● Biçim EPUB ● Sayfalar 384 ● ISBN 9780624070160 ● Dosya boyutu 10.1 MB ● Yayımcı Tafelberg ● Yayınlanan 2015 ● Baskı 1 ● İndirilebilir 24 aylar ● Döviz EUR ● Kimlik 4534869 ● Kopya koruma Adobe DRM
DRM özellikli bir e-kitap okuyucu gerektirir

Aynı yazardan daha fazla e-kitap / Editör

9.316 Bu kategorideki e-kitaplar