Büyüteç
Arama Yükleyici

Hermann Giliomee 
Hermann Giliomee: Historikus — ‘n Outobiografie 
‘n Outobiografie

Destek
Adobe DRM
Örtmek Hermann Giliomee: Hermann Giliomee: Historikus -- 'n Outobiografie (ePUB)
Hermann Giliomee verweef die verhaal van sy lewensverloop met dié van ‘n land wat hom boei en besiel, ‘n land waar die geskiedskrywing sentraal staan tot die hedendaagse politiek. As internasionaal gerekende historikus ondersoek Giliomee lewenslank die ontstaan en handhawing van die skerp verdeeldheid in die Suid-Afrikaanse samelewing. Sy werk is vars en vreesloos, en vind aanklank by kenners én gewone Afrikaanse lesers wat oor hulself en hul verlede begin herbesin. Sy uitgesprokenheid haal hom dikwels die gramskap op die hals – uit wyd uiteenlopende oorde. Hy is al gebrandmerk as ‘n slang in ons midde’, ‘n oorbeligte’, ‘n taalbul’ en die boer in the woodpile’. Hoewel Giliomee as kind van die Afrikaner-volksbeweging in die 1950’s grootword, wyk hy af van die nasionalistiese tradisie in sy kritiese ondersoek na die opkoms, hoogty en ondergang van eksklusiewe Afrikanermag. Hy lewer veral in die 1980’s en 1990’s skerp kritiek op die regering se alleenheerskappy en sy onwilligheid om vanuit ‘n posisie van mag te begin onderhandel. Met binnekring-kennis is sy verstaan van Afrikanermag ingelig en genuanseerd, iets wat saam met sy onderhoudende vertelwyse lei tot talle topverkopers, waaronder die magistrale The Afrikaners, wat in 2003 deur The Economist uitgesonder is as een van sy boeke van die jaar.
€17.99
Ödeme metodları

Yazar hakkında

Hermann Giliomee word internasionaal erken as voorste historikus van die Afrikaners. Hy het in 2016 die prestige-ryke Jan H Marais-prys verower, en The Economist het The Afrikaners uitgesonder as die beste geskiedenis van Suid-Afrika wat nog geskryf is. Sy boeke, waarvan die onlangste Die laaste Afrikanerleiers is, bly topverkopers.
Dil Afrikaans ● Biçim EPUB ● Sayfalar 364 ● ISBN 9780624066842 ● Dosya boyutu 2.0 MB ● Yayımcı Tafelberg ● Yayınlanan 2016 ● Baskı 1 ● İndirilebilir 24 aylar ● Döviz EUR ● Kimlik 5505955 ● Kopya koruma Adobe DRM
DRM özellikli bir e-kitap okuyucu gerektirir

Aynı yazardan daha fazla e-kitap / Editör

9.316 Bu kategorideki e-kitaplar