Büyüteç
Arama Yükleyici

Gabi Steenkamp & Liesbet Delport 
Eet vir volgehoue energie 4 
Lae-GI, lae-vet

Destek
Adobe DRM
Örtmek Gabi Steenkamp & Liesbet Delport: Eet vir volgehoue energie 4 (ePUB)
As jy meer energiek wil voel, is Eet vir Volgehoue Energie 4 net die boek vir jou. Gabi en Liesbet het dit geskryf om te voorsien in hul pasiënte se behoefte aan praktiese, maklike maniere om stadigvrystellende koolhidrate in hul daaglikse dieet te gebruik. Die glukemiese indeks (GI) is ‘n fisiologiese maatstaf van die uitwerking van koolhidraatvoedsel op die bloedglukosevlakke. Dit is die perfekte instrument om bloedglukosevlakke doeltreffend en volhoudend te beheer en boonop te verseker dat jy die hele dag lank energie het. Liesbet en Gabi het uit ondervinding geleer dat dit geweldige voordele vir hul pasiënte inhou hoe meer dit toegepas word. Die GI-dieet verbeter diabete se beheer van hul bloedglukosevlakke, help jou om op en wakker te voel, stabiliseer kinders se bloedglukosevlakke en help hulle om beter te konsentreer, verbeter sportprestasie, verlaag hoë bloeddruk en bevorder gewigsverlies.
€15.99
Ödeme metodları

Yazar hakkında

Liesbet Delport is ‘n geregistreerde dieetkundige, ‘n stigterslid van die Glycemic Index Foundation of South Africa (GIFSA) en ‘n vennoot in ‘n suksesvolle private praktyk in Nelspruit. Sy is sedert 1998 by navorsing oor die Glukemiese Indeks betrokke en het ‘n meestersgraad aan die Universiteit van Pretoria behaal.
Dil Afrikaans ● Biçim EPUB ● Sayfalar 128 ● ISBN 9780624051428 ● Dosya boyutu 6.1 MB ● Yayımcı Tafelberg ● Yayınlanan 2014 ● Baskı 1 ● İndirilebilir 24 aylar ● Döviz EUR ● Kimlik 4533624 ● Kopya koruma Adobe DRM
DRM özellikli bir e-kitap okuyucu gerektirir

Aynı yazardan daha fazla e-kitap / Editör

657 Bu kategorideki e-kitaplar