Kính lúp
Trình tải tìm kiếm

Alexander Strachan 
Dwaalpoort 

Ủng hộ
Dwaalpoort is ’n ou Kwa Zulu-Natalse familieplaas, geslagte reeds bekend om sy veekuddes, osse wat jaar na jaar rekordpryse op vendusies behaal. Maar ook om sy sonderlinge wit hartbeeste, ’n trop wat reeds aan dié wêreld se vroegste inwoners bekend was. Rentia het Dwaalpoort van haar pa geërf, en die plaas word nou deur haar man, Henning, bestuur. Ook op die plaas is die wildvanger en oudsoldaat Bullet. Hy was Rentia se pa se regterhand en voorheen haar minnaar. Dit is ’n ongemaklike saambestaan in ’n krisistyd in die plaas se geskiedenis. Strachan laat elkeen van die betrokkenes by dié sleutelgebeure op Dwaalpoort daarvan vertel, en hul stemme is op sigself dwalende spore wat uiteindelik en noodwendig rigting kry na die laaste donker poort. En dit is asof die stemme harmonieer in ’n soort dodemars – die musiek van ’n era wat verbygaan. Terwyl dit alles voltrek word, staan die silhoeët van Mhlophe afgeëts waar hy op die platorand oor Dwaalpoort neerkyk, soos wat hy eeue reeds doen. Met Dwaalpoort kry Strachan die magiese mengsel reg: op die oppervlak is sy verhaal ’n volkome genietbare en onmiddellik toeganklike verhaal van lus en liefde en geweld en geheimenisse. Dáárby is dit ’n uiters stimulerende besinning oor menslike reaksies op ’n verkrummelende bestel.
€13.99
phương thức thanh toán

Giới thiệu về tác giả

Alexander Strachan se debuutbundel kortverhale, ’n Wêreld sonder grense, is met die Eugène Marais-prys bekroon en is ’n belangrike deel van grensliteratuur. Daarna verskyn Die jakkalsjagter en Die werfbobbejaan. Laasgenoemde het die WA Hofmeyr-prys ontvang. Alexander se derde roman, Dwaalpoort (2010), het in 2011 die W.A. Hofmeyr-prys gewen.
Ngôn ngữ Tiếng Nam Phi ● định dạng EPUB ● Trang 304 ● ISBN 9780624051138 ● Kích thước tập tin 0.6 MB ● Nhà xuất bản Tafelberg ● Được phát hành 2017 ● Phiên bản 1 ● Có thể tải xuống 24 tháng ● Tiền tệ EUR ● TÔI 5465711 ● Sao chép bảo vệ Adobe DRM
Yêu cầu trình đọc ebook có khả năng DRM

Thêm sách điện tử từ cùng một tác giả / Biên tập viên

42.774 Ebooks trong thể loại này