Kính lúp
Trình tải tìm kiếm

Amore Bekker 
Hartstories: Huis toe met ‘n ligter tred 
Huis toe met ‘n ligter tred

Ủng hộ
Op haar gewilde program Tjailatyd op RSG het Amore Bekker luisteraars gevra: deel jul saamrystories met my. Die reaksie? ‘n Vloedgolf verhale vanoor die hele land en selfs uit die buiteland: oor taxi’s, die Camino, die Helderberg se laaste vlug, verpaste treine, onwaarskynlike rylopers, ontmoetings by rooi robotte en selfs kalfies wat huil. Van Alberton en Merweville tot Roodepoort en Wellington het mense hulle harte oopgemaak. Daar is stories oor eerste liefde, verbode liefde en naasteliefde; stories oor die lewenspad en die draaie waarop dit jou soms vat, maar bowenal stories van mense met ‘n hart vir hul medemens.
€10.99
phương thức thanh toán

Giới thiệu về tác giả

Amore Bekker het in Durbanville grootgeword en skoolgegaan. In 1986 behaal sy aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus ‘n graad in drama, en kort daarna begin sy as omroeper werk. Eers by Algoa FM, daarna by Goeie Hoop FM en later by KFM.
In 2003 sluit Amore by RSG aan met ‘n program op Saterdagoggende. Sedert 2007 bied sy elke weekdag tussen 15:00 en 18:00 die gewilde RSG Tjailatyd aan. Sy praat met mense soos die omgewingskundige Dave Pepler, die kruievrou Antoinette Pienaar en die nimlike vermaaklikheidskunstenaar Nataniël. Met haar Draai Wiele, Draai, Stop kry sy luisteraars aan die dink en raai, en sy deel ook hul resepte oor die lug. Die resepte is so gewild, twee kookboeke het reeds daaruit voortgevloei.
In 2008 ontstaan die ‘Tjaila-Karatara-wonderwerkprojek’ toe Amore inwoners van dié dorpie vra om hul behoeftes oor die radio te deel. Luisteraars het hul tyd en vaardighede aangebied en ‘n sokkerbaan is gebou, toneel- en wiskundeklasse is gereël en met die hulp van Leti Kleyn is ‘n biblioteek gestig.
Toe droogte in 2010 daartoe lei dat Beaufort-Wes se water opraak, organiseer Amore die veldtog ‘Bottels vir Beaufort’. Sy vra luisteraars om op pad kannetjies water op die dorp af te laai. Dorpe het mekaar begin uitdaag, en eindelik is 95 000 kannetjies water geskenk en 5 miljoen liter water in reservoirs gestort.
Ander dorpe waarop Tjailatyd al die kollig geplaas het, is Bonnievale (2011) en Sutherland, waar mense in 2014 warm klere gaan aflaai het. Met die Tankwa-Karoo-projek is ‘n speelparkie gebou vir kinders wat tydens inkopietogte buite die winkel moes wag terwyl hul ouers se donkies voor die terugrit asem skep. Amore ondersteun ook die welsynsorganisasie Badisa, spesifiek hul waterprojek. Dit behels die verkoop van gebottelde water om geld in te samel en hulpbehoewende mense by te staan. Soos water lewe gee, gee dié projek hoop aan mense in moeilike omstandighede.
Amore se filosofie is: No guts, no glory. Sy bied ook praatjies aan oor haar oortuiging dat ‘n mens jou instink moet vertrou, en oor een van haar grootste passies in die lewe: kos. Sy is veral mal oor kerrie. Amore is net so lief vir reis en haar gunstelingstad is Istanbul.
In 2010 en 2011 is Amore aangewys as die gewildste Afrikaanse omroeper, en sy het ook al verskeie ATKV-Veertjies vir haar werk losgeslaan.
Ngôn ngữ Tiếng Nam Phi ● định dạng EPUB ● Trang 224 ● ISBN 9780624075097 ● Kích thước tập tin 0.6 MB ● Nhà xuất bản Tafelberg ● Được phát hành 2015 ● Phiên bản 1 ● Có thể tải xuống 24 tháng ● Tiền tệ EUR ● TÔI 4624590 ● Sao chép bảo vệ Adobe DRM
Yêu cầu trình đọc ebook có khả năng DRM

Thêm sách điện tử từ cùng một tác giả / Biên tập viên

45.773 Ebooks trong thể loại này