Kính lúp
Trình tải tìm kiếm

Dalene Matthee 
Toorbos 

Ủng hộ
Toorbos is ´n bosromanse. Dit is die storie van ´n ingewyde ‘bosvrou’ se intieme verbintenis met die boomhart van die bos, en hoe dit ´n hindernis geword het in haar belewenis van die man wat sy liefkry. Karoliena Kapp is ´n alleenkind wie se moeder drie mans gehad het, en wat as werklik onsimpatieke ma figureer. Haar pa is vroeg-vroeg deur ‘n weerligstraal doodgeslaan, en sy aanvaar die bos as haar oermoeder. Karoliena is mooi; sy word vroeg-vroeg raakgesien deur ´n man, Johannes, ´n boswerkerskind wat hom uit die wurggreep van die bos-armoede losgewikkel het. Nog voor sy twintig is, word Karoliena ‘afgetrou’ met hom, en moet sy ´n dorpseggenote word nadat sy geskool is om haar plek in hierdie hiërargie in te neem. Die wêreld van die bos en van die dorp word in fyn teenstelling tot mekaar geskilder. Dit is twee ordes van bestaan. In die bos is daar ´n mistieke ervaring moontlik – dit is die soort vervoering wat Karoliena soek – terwyl die dorpsbestaan aan ´n selfgerigte geldsoeke gewy word. Sy is verlief op Johannes – baie ouer as sy – en is half-betower deur die nuwe vooruitsigte wat hy vir haar bied. Maar Karoliena gebruik die heel eerste geleentheid om weg te loop van Johannes, reguit terug bos toe. Want die dag na die huwelik weet sy dat daar ‘iewers, iewers iets verskriklik verkeerd’ is. Sy het die verkeerde keuse gemaak: sy het van die bos weggevlug. Sy het haar kosbare vryheid verruil vir ´n kou. Nou is sy bang. Sy vat dus die pad terug bos toe, terwyl die pietjiekanarie sonder ophou roep: ‘wie´s-jy, wie´s-jy’.
€14.99
phương thức thanh toán

Giới thiệu về tác giả

Dalene Matthee (gebore Scott) is op 13 Oktober 1938 op Riversdal gebore. Sy het in 1957 daar gematrikuleer, en aan ’n musiekskool op Oudtshoorn en by die Holy Cross Covent op Graaff-Reinet musiekopleiding ontvang.
Voordat sy oornag roem verwerf het met haar eerste Bosroman, het Dalene tydskrifverhale geskryf en twee populêre romans gepubliseer: ’n Huis vir Nadia (1982) en Petronella van Aarde, Burgemeester (1983). Haar eerste boek was ‘n kinderverhaal, Die twaalfuurstokkie (1970), en in 1982 het daar ook van haar ’n bundel kortverhale, Die Judasbok, verskyn.
Kringe in ’n bos (1984), haar roman oor die uitwissing van olifante en die uitbuiting van houtkappers in die Knysna-bos, was ’n internasionale sukses. Nog drie Bos-boeke het gevolg: Fiela se kind (1985), Moerbeibos (1987) en Toorbos (2003). In 1993 het Brug van die esels verskyn en in 1995 Susters van Eva. Haar roman, Pieternella van die Kaap, het in Maart 2000 verskyn.
Dalene Matthee se boeke is in sowat veertien tale vertaal, onder meer Frans, Duits, Spaans, Italiaans, Hebreeus en Yslands. Sy het die ATKV-prys vir goeie gewilde prosa vier keer verower, en in 1993 het sy in Zürich ’n Switserse literatuurprys ontvang vir haar “lewenskragtige literêre werk en haar hartstogtelike belangstelling in natuurbeskerming”.
Dalene Matthee sterf op Sondag, 20 Februarie 2005 in Mosselbaai nadat sy vir hartversaking behandel is.
Ngôn ngữ Tiếng Nam Phi ● định dạng EPUB ● Trang 312 ● ISBN 9780624066101 ● Kích thước tập tin 1.6 MB ● Nhà xuất bản Tafelberg ● Được phát hành 2003 ● Phiên bản 1 ● Có thể tải xuống 24 tháng ● Tiền tệ EUR ● TÔI 4534566 ● Sao chép bảo vệ Adobe DRM
Yêu cầu trình đọc ebook có khả năng DRM

Thêm sách điện tử từ cùng một tác giả / Biên tập viên

697.340 Ebooks trong thể loại này