Kính lúp
Trình tải tìm kiếm

Gideon Joubert 
Die groot gedagte 
Abstrakte weefsel van die kosmos

Ủng hộ
Adobe DRM
Bìa của Gideon Joubert: Die groot gedagte (ePUB)
Hier staan ek in ‘n heelal van dooie atome. Ook in my liggaam is nie ‘n enkele lewende atoom nie. Maar ek lewe. Wat is lewe? Waar kom dit vandaan en hoe het dit ontstaan? En waar pas God in?


Die groot gedagte, die eerste omvattende kosmologie-boek in Afrikaans, het by eerste publikasie groot opslae gemaak. Dié boek is ‘n uitgebreide uitgawe van daardie eerste een, en sluit nuwe kennis in oor die talle ontdekkings oor die kosmos en kwantumfisika die afgelope dekade. Veral data wat deur die Hubble-teleskoop deurgesend is, het baie teorieë laat wankel.

Bekende oud-joernalis Gideon Joubert bied die inligting pakkend aan vir kenners én leke, en maak met helder, verstaanbare taal selfs ingewikkelde begrippe toeganklik.
€15.99
phương thức thanh toán

Giới thiệu về tác giả

Gideon Joubert is in 1923 op Stellenbosch gebore. Hy matrikuleer aan Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch. Hy behaal ‘n BA-graad aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy begin sy loopbaan as joernalis in 1949 by Die Burger. In 1951 sluit hy by die Suid-Afrikaanse Vloot aan. Gideon is een van die stigters van die Vlootgimnasium op Saldanha, en hy was ook die stigter van Suid-Afrika se eerste Duikskool. Ná 16 jaar het hy met die rang Kommandeur uitgetree en het hy tot met sy aftrede by Die Burger gaan werk.

In sy loopbaan as koerantskrywer het Joubert dikwels vir die gewone leser oor wetenskaplike ontdekkings geskryf. Sy belangstelling in die sterrekunde is gevoed deur wye leeswerk en deeglike navorsing sodat hy op hoogte kon bly van die nuutste ontdekkings. In 1997 verskyn sy boek Die groot gedagte. Dié boek was ‘n groot sukses en is met die Insig-prys vir niefiksie en die Andrew Murray-prys bekroon.

Joubert is in 2010 oorlede in Somerset Wes op ouderdom 87.
Ngôn ngữ Tiếng Nam Phi ● định dạng EPUB ● Trang 400 ● ISBN 9780624052050 ● Kích thước tập tin 8.1 MB ● Nhà xuất bản Tafelberg ● Được phát hành 2013 ● Phiên bản 1 ● Có thể tải xuống 24 tháng ● Tiền tệ EUR ● TÔI 4533645 ● Sao chép bảo vệ Adobe DRM
Yêu cầu trình đọc ebook có khả năng DRM

Thêm sách điện tử từ cùng một tác giả / Biên tập viên

1.607 Ebooks trong thể loại này