Kính lúp
Trình tải tìm kiếm

Herman Charles Bosman 
Die beste verhale en humor van Herman Charles Bosman 

Ủng hộ
Hierdie versameling bevat die beste verhale en humor van Bosman, nou ook in Afrikaans vertaal deur die bekroonde Afrikaanse digter, Johann de Lange.

Sterlig op die veld bevat 23 van Bosman se beste stories. Dit sluit klassieke Oom Schalk-stories in soos “Die pad na Mafeking”, “Die Rooinek” en “Makapan se grotte”, en ook Voorkamerstories soos “Skoolkonsert” en “Geboortesertifikaat”. En in beroemde stories soos “’n Boere-Rip van Winkel” en “’n Ou Transvaalse verhaal” hoor ons die stem van die skrywer wat met self-ironie die kuns van die storieverteller bepeins.

Die herken-blues bevat 29 stukke wat strek oor Bosman se hele loopbaan, van skoolseungrappe tot die laaste lag. Soos Bosman self gesê het, was hy bekend vir die humor wat in al sy werk te vinde was en wat hom so gewild gemaak het onder sy lojale lesers. Hierdie versameling sluit bekende juwele soos “In die skadu van die withaak”, “’n Bekkersdal-marathon” en “’n Besoek aan Blikkiesdorp” in, waarin sy satiriese ironie in volle swang is, tot ’n aantal essays wat nog nie voorheen in ’n bundel versamel is nie wat hom ewig as een Suid-Afrika se gemoedelikste kommentators bevestig.
€14.99
phương thức thanh toán

Giới thiệu về tác giả

Johann de Lange se debuutbundel Akwarelle van die dors (1982) word in 1983 met die Ingrid Jonkerprys vir debuutpoësie bekroon. Daarna volg Waterwoestyn (1984), Snel grys fantoom (1986), Wordende naak (1990) waarvoor hy die Rapportprys vir Poësie ontvang, Nagsweet (1991), Vleiswond (1993) en Wat sag is vergaan (1995). In 1996 maak hy sy prosadebuut met Vreemder as fiksie, en ’n tweede kortverhaalbundel Tweede natuur volg in 2000. Hy het bloemlesings saamgestel (o.a. Soort soek soort, Die dye trek die dye aan), en baie gedigte vertaal (o.a. The wisdom of water, vertalings van Wilma Stockenström se gedigte). Die algebra van nood, wat in 2009 verskyn het, is in 2011 met die Hertzogprys bekroon. In 2010 het Judasoog, ’n keur uit sy gedigte, verskyn.
Ngôn ngữ Tiếng Nam Phi ● định dạng EPUB ● Trang 320 ● ISBN 9780798164474 ● Kích thước tập tin 2.8 MB ● Phiên dịch Johann De Lange ● Nhà xuất bản Human & Rousseau ● Được phát hành 2013 ● Phiên bản 1 ● Có thể tải xuống 24 tháng ● Tiền tệ EUR ● TÔI 4762704 ● Sao chép bảo vệ Adobe DRM
Yêu cầu trình đọc ebook có khả năng DRM

Thêm sách điện tử từ cùng một tác giả / Biên tập viên

699.325 Ebooks trong thể loại này