Kính lúp
Trình tải tìm kiếm

Hilda Lategan 
SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit 

Ủng hộ
Adobe DRM
Bìa của Hilda Lategan: SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit (ePUB)
Met voedselallergieë en -onverdraagsaamheid wat aan die toeneem is, is ‘Die Suid-Afrikaanse kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit’ ’n noodsaaklike gids. Nie alleen verskaf hierdie boek kundige inligting en wenke nie, maar dit bevat ook meer as 200 resepte vir elke maaltyd van die dag, insluitend tussenin-happies en soetgoed. Die beproefde resepte is oor die jare nog verder verbeter en aangepas vir Suid-Afrikaners se spesifieke eetgewoontes. Die bestanddele is geredelik beskikbaar en bekostigbaar, en elke resep bevat ’n voedingstofanalise en voorstelle en variasies sodat jy dit kan aanpas volgens jou eie behoeftes. Met resepte vir vullende ontbyte, insluitend pap en smoothies, heilsame soppe, ideaal vir werk of skool, heerlike proteïengeregte, met ou gunstelinge soos hoenderschnitzel en bobotie, styselkos wat die energievlakke ’n hupstoot gee, geurige souse, smere en vulsels, smaaklike gebak – van koeke, muffins en beskuit tot terte en koekies, tuisgemaakte lekkers en nageregte.
€15.99
phương thức thanh toán

Giới thiệu về tác giả

Hilda Lategan is ’n geregistreerde Suid-Afrikaanse dieetkundige met ’n gevestigde private praktyk in Pretoria. Sy het die graad B.Sc. Dieetkunde aan die Universiteit van Pretoria behaal, waarna sy ’n Nagraadse Diploma in Hospitaaldieetkunde aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi het. Sedert 1975 werk sy in verskeie vertakkings van die beroep, waaronder as hospitaaldieetkundige, wat haar waardevolle ervaring in terapeutiese voeding, voedseldiensbestuur en resepontwikkeling besorg het. Hilda glo die lewe is veel meer as bloot “bestaan” en “oorleef” en dat lekker eet saam met geliefdes ’n groot deel hiervan uitmaak. Met die gejaagdheid van die moderne lewe is daar egter ’n toename in leefstylsiektes, wat nie net oorgewig, diabetes, hoë bloeddruk en kardiovaskulêre siektes insluit nie, maar ook voedselsensitiwiteit en siektes van die spysverteringskanaal soos prikkelbare dermsindroom en gastritis, om maar ’n paar te noem. Hierdie toestande – net soos voedselallergieë – kan slegs bestuur word deur ’n gebalanseerde leefwyse en verstandige eetgewoontes, wat die uitsluiting van sekere voedselsoorte kan beteken. Uit jare se ondervinding weet Hilda mense soek altyd resepte wat – ondanks die beperkinge wat die dieet stel – maklik is om te berei, en ook smaaklik, bekostigbaar en gesond is. Verder moet die bestanddele vryelik beskikbaar wees. Om aan hierdie behoefte te voorsien is haar groot inspirasie.
Ngôn ngữ Tiếng Nam Phi ● định dạng EPUB ● Trang 272 ● ISBN 9780624072348 ● Kích thước tập tin 5.1 MB ● Nhà xuất bản Tafelberg ● Được phát hành 2016 ● Phiên bản 1 ● Có thể tải xuống 24 tháng ● Tiền tệ EUR ● TÔI 5505960 ● Sao chép bảo vệ Adobe DRM
Yêu cầu trình đọc ebook có khả năng DRM

Thêm sách điện tử từ cùng một tác giả / Biên tập viên

658 Ebooks trong thể loại này