Kính lúp
Trình tải tìm kiếm

Johan Nel 
Droster in Algerië 

Ủng hộ

DROSTER IN ALGERIE – VREEMDELEGIOEN VERHAAL




Tydens straat onluste in Beiroet word die tienjarige Ismael se ouers deur een van die fanatiese vegters wreed met ’n kromsabel doodgemaak. Hy aanskou dit alles vanuit ’n skuiling en sweer weerwraak op die man met een van sy voete wat heelwat korter is as die ander.




As jong man in die Israelse vloot sien hy een aand in ’n Noord-Afrikaanse stad, dieselfde man weer raak waarop hy sy wraak wil afkoel. Hy kry egter nie geleentheid om hom om die lewe te bring nie, maar hy sien egter dat die man nou in die Franse Vreemdelegioen is. Ismael dros uit die Israel se vloot en gaan sluit hom ook aan by die Franse Vreemdelegioen, in die hoop om die man daar raak te loop.




Tydens ’n operasie in Vietnam word Ismael deur skrapnel getref en beland hy in die hospitaal. Daar ontmoet hy die nooi van sy drome, maar sien terselfdertyd ook sy gehate vyand in ’n bed, ’n entjie van hom af. Weens sy seer been kan hy niks doen nie, maar die verpleegster help hom om meer uit te vind van sy gehate vyand.




Terug in die Vreemdelegioen word Ismael op ’n volgende sending gestuur, waar hy al sy makkers verloor en dan daag hy op by ’n ander afdeling van Legioensoldate. Daar kry hy uiteindelik sy kans na tien lang jare van soek, om sy wraak af te koel en die bloed van sy ouers te wreek. Weens sy drostery uit die Israelse vloot en Vreemdelegioen word hy kort daarna deur die regering gearresteer en moet ’n regter oor sy lot beslis.

€6.39
phương thức thanh toán
Ngôn ngữ Tiếng Nam Phi ● định dạng EPUB ● Trang 56 ● ISBN 9781928498605 ● Kích thước tập tin 0.7 MB ● Biên tập viên Pieter Haasbroek ● Nhà xuất bản Pieter Haasbroek ● Thành phố Montefranco ● Quốc gia IT ● Được phát hành 2021 ● Có thể tải xuống 24 tháng ● Tiền tệ EUR ● TÔI 8239280 ● Sao chép bảo vệ không có

Thêm sách điện tử từ cùng một tác giả / Biên tập viên

83.045 Ebooks trong thể loại này