Kính lúp
Trình tải tìm kiếm

Malene Breytenbach 
Grenslose liefde 

Ủng hộ
Vyf jaar nadat Carly O’Neill in diens van Dokters Sonder Grense vir dokter Colin Mackenzie met sy priemende blou oë, breë skouers en Skotse aksent ontmoet het, kruis hulle paaie weer. Colin het intussen die titel van Hertog van Seaforth geërf en daarmee saam die Strahan-kasteel in Ross-shire, Skotland. Maar hy het nie sy roeping laat vaar nie en het die kasteel in ’n psigiatriese kliniek omskep. Al is sy ’n Suid-Afrikaner, kry Carly die werk as verpleegster by dié eksklusiewe kliniek, aangesien sy ook kliniese sielkunde studeer het. Of is dit dalk omdat Colin haar graag weer wil sien?
Ná al die jare rumoer Carly se hart nog net so hewig wanneer sy naby die aantreklike dokter is. Maar met sy nuwe titel is hy tog nou ver verhewe bo ’n gewone vrou soos sy. En boonop blyk dit dat hy en sy vennoot, Margaret Fraser, op trou staan. Carly en Colin mag niks meer as werknemer en werkgewer wees nie, maar haar hart weier om na haar verstand te luister . . .
€4.99
phương thức thanh toán

Giới thiệu về tác giả

Dr Malene Breytenbach het drie meestersgrade asook ’n doktorsgraad in joernalistiek. Sy en haar man woon op Stellenbosch. Malene het verskeie liefdesverhale op haar kerfstok, sowel as die gewilde romans Gister is ’n ver land, Pluimprinse en Bloedgrond.
Ngôn ngữ Tiếng Nam Phi ● định dạng EPUB ● Trang 224 ● ISBN 9780624079835 ● Kích thước tập tin 0.4 MB ● Nhà xuất bản Tafelberg ● Được phát hành 2016 ● Phiên bản 1 ● Có thể tải xuống 24 tháng ● Tiền tệ EUR ● TÔI 4993523 ● Sao chép bảo vệ Adobe DRM
Yêu cầu trình đọc ebook có khả năng DRM

Thêm sách điện tử từ cùng một tác giả / Biên tập viên

699.325 Ebooks trong thể loại này