Kính lúp
Trình tải tìm kiếm

Malene Breytenbach 
Met die oog op liefde 

Ủng hộ
Jong dokter Naomi Harker doen aansoek om werk op ’n mobiele oogkliniek, en reeds tydens haar onderhoud is sy diep aangetrokke tot die trein se hoofspesialis, die uiters aantreklike Tony Baxter. Sy is verheug toe sy gekeur word, maar van meet af aan is daar wrywing op die oogtrein: Naomi se eks werk ook as spesialis daar, en sy jaloesie oor Naomi en Tony se goeie werksverhouding is duidelik te sien. En dan is daar die apteker, wat weer een van Tony se ekse is . . . Alles kan egter nog gaan tot hulle Louis Trichardt bereik. Daar verleen Tony en Naomi hulp aan ’n vlugteling-gesin van Zimbabwe, en die gevaar van dié middernagtelike avonture vorm ’n hegte band tussen hulle twee, wat verdiep wanneer die trein se mense later by die Baxters se familieplaas uitspan. Naomi bly egter huiwerig om haar ware gevoelens vir Tony te wys, want hoe kan ’n adonis soos hy werklik in so ’n doodgewone vrou belangstel? Sal die oogtrein se spore vir Naomi na ware liefde lei, of is daar net te veel duwweltjies in die pad?
€4.99
phương thức thanh toán

Giới thiệu về tác giả

Dr Malene Breytenbach het drie meestersgrade asook ’n doktorsgraad in joernalistiek. Sy en haar man woon op Stellenbosch. Malene skryf sedert 2009 heeltyds en het verskeie liefdesverhale op haar kerfstok, sowel as die gewilde romans Gister is ’n ver land, Pluimprinse en Bloedgrond.
Ngôn ngữ Tiếng Nam Phi ● định dạng EPUB ● Trang 224 ● ISBN 9780624070221 ● Kích thước tập tin 0.3 MB ● Nhà xuất bản Tafelberg ● Được phát hành 2014 ● Phiên bản 1 ● Có thể tải xuống 24 tháng ● Tiền tệ EUR ● TÔI 4534875 ● Sao chép bảo vệ Adobe DRM
Yêu cầu trình đọc ebook có khả năng DRM

Thêm sách điện tử từ cùng một tác giả / Biên tập viên

699.325 Ebooks trong thể loại này