放大镜
搜索加载器

Alta Engelbrecht 
Studiewerkgids: Pad na jou hart – die roman Graad 10 & 11 Huistaal en Eerste Addisionele Taal 

支持
Adobe DRM
的封面 Alta Engelbrecht: Studiewerkgids: Pad na jou hart - die roman Graad 10 & 11 Huistaal en Eerste Addisionele Taal (ePUB)
Hoe goed ken jy die roman Pad na jou hart? Verstaan jy die inhoud en struktuur van die roman? Is jy reg om eksamen te skryf daaroor? Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Pad na jou hart, vir Graad 10-11 Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal, ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van die roman word daarin gedek – in taal wat leerders verstaan.
Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word die hele tyd na die roman verwys.
Wat maak ons studiewerkgidse anders?
Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam sê, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek. Leerders kan in ’n aparte boek die antwoorde tot die kontekstuele vrae, blokkiesraaisels en invulvrae skryf. Dit maak hersiening vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek.
Inhoud van hierdie studiewerkgids
• Agtergrondinligting oor letterkunde.
• ’n Volledige bespreking oor die intrige van die roman (eksposisie, motoriese moment, verwikkeling, ontwikkeling, krisis/klimaks en ontknoping).
• Kontekstuele vrae oor elke intrige-fase.
• ’n Samevattende verduideliking van elke verhaalelement in die roman.
• ’n Letterkundige vraestel (met wenke).
• Filmstudie.
• ’n Glossarium.
Alle studiewerkgidse in hierdie reeks is saamgestel volgens die KABV-voorskrifte. Hierdie studiewerkgids sluit aan by Pad na jou hart, ’n roman geskik vir Graad 10 Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal.
€8.49
支付方式

关于作者

Alta Engelbrecht het haar BA (Ed) graad (1981), Hon (1991), M(Ed) (2004) en Ph D (2009) by UP (Tuks) verwerf. Sy het ’n Ph D in kurrikulumstudies waarin sy doseer. Sy is verantwoordelik vir die BEd vak, Afrikaans. Sy het haar M(Ed) in 2002 in ideologiese verandering in Suid-Afrika i.v.m. verskillende rastentoonstellings in Afrikaanse taalhandboeke voltooi.
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 120 ● ISBN 9781776070725 ● 文件大小 2.9 MB ● 年龄 17-17 年份 ● 出版者 Best Books ● 发布时间 2016 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 5219274 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

11,027 此类电子书