放大镜
搜索加载器

Errieda du Toit 
Kokkedoor 
Resepte uit jou gunsteling-TV-reeks

支持
Adobe DRM
的封面 Errieda du Toit: Kokkedoor (ePUB)
Herleef die lekkerte van onthoukos en kook soos ‘n Kokkedoor in jou eie kombuis.

Hierdie boek bevat die beste uit die gewilde Kokkedoor-televisiereeks, en gaan oor die kos wat ons lief het: erfeniskos, oumakos, huiskos, hunkerkos, kookkos, verlangkos, lekkervoel-kos.

– Die beste resepte van elke episode, getoets vir die huiskombuis
– Familieresepte vir vleisgeregte, fyngebak, brood, konfyt, piekels, groente, slaai, soetgoed en poedings
– Nuwe idees vir Sondagkos, basaarkos, piekniek, padkos, partytjiekos en braai
– ‘n Kykie na die geskiedenis van geregte en waar gebruike vandaan kom
– Goue gunstelinge kry ‘n moderne baadjie, sonder om die herinneringe te verloor

In dié versamelaarsboek deel Tannie Poppie haar broodpoeding-resep, Marinda en Mathilda hulle heerlike brandrissie-fudge, Theresa haar skuinskoek en ouma Drieka se onfeilbare skilferkorsdeeg. Die reekswenners Mynhardt en Tiaan deel hulle langtafel-geregte, asook nuwe weergawes van erfenisgeregte soos sagopoeding met suikerglasklokke.

Hier is vandag se kos, gegeur met gister. Om te kokkedoor is om kosmaak te geniet, vriende en familie na die lang tafel te nooi en ure lank te gesels oor gister se dinge en môre se drome.
€15.99
支付方式

关于作者

Errieda du Toit is ‘n bekende in koskringe en een van die meesterbreine agter Kokkedoor. Errieda was van die begin af deel van die program, en het die verfilming van die reeks in Prins Albert meegemaak. Saam met die drie gewilde beoordelaars en onder leiding van Human & Rousseau, het Errieda die resepte gekies en aangepas vir die tuiskombuis. Sy het die fyn oog en geoefende oordeel van ‘n koskenner en weet wat vereis word van ‘n groot kokkedoor!

Errieda is ‘n gesoute kosmens met ‘n passie vir onthoukos. Sy het kooktegnieke – van die basiese tot die gevorderde – bemeester en meng tradisie met hope kreatiwiteit om nostalgiese resepte vir die toekoms te herskep. Haar vorige boeke sluit in die gewilde Huiskok glanskok en Master Chef South Africa: The Cookbook.
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 224 ● ISBN 9780798165433 ● 文件大小 23.7 MB ● 出版者 Human & Rousseau ● 发布时间 2013 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 4743234 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

2,722 此类电子书