放大镜
搜索加载器

Jaco Jacobs 
Krok en Dil 04 
Ek is ‘n Vis

支持
Adobe DRM
的封面 Jaco Jacobs: Krok en Dil 04 (ePUB)

Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag – en Krok en Dil is die perfekte maats om dié opwindende reis mee aan te pak! Dié nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het ’n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, ’n knorrige krokodil en ’n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip.
Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy sê een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. “My kinders het grootgeword met stories – van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder ’n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het – ek wou ’n leesreeks skryf wat vir lesers – en ouers! – ’n prettige storie in elke boek bied, met hope humor.’

€1.83
支付方式
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● ISBN 9781776250974 ● 出版者 Pan Macmillan South Africa ● 发布时间 2022 ● 下载 3 时 ● 货币 EUR ● ID 8828087 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

12,863 此类电子书