放大镜
搜索加载器

Lindie Koorts 
DF Malan en die opkoms van Afrikaner-nasionalisme 
Stories van gister en vandag

支持
Adobe DRM
的封面 Lindie Koorts: DF Malan en die opkoms van Afrikaner-nasionalisme (ePUB)
In 1948 het die NG dominee D.F. Malan die Nasionale Party tot politieke oorwinning gelei. Vir die meeste Afrikaners was dit die verwesenliking van ‘n jare lange droom.

Om Malan as mens te verstaan, is om te verstaan hoe die Afrikaners hulself uit die as van die Anglo-Boereoorlog in ‘n nasie omskep het. Toe hy op sy sterwensbed gevra is wat vir hom die belangrikste van sy loopbaan was, het hy gesê: ‘dat ek my volk kon dien; dat ek my volk bymekaar kon bring’. Sy verhaal is die verhaal van die mense wat hom tot hul leier verkies het.

Die Malan-bewind het egter ook die apartheidsera ingelui. Hoe kyk ons dan vandag na Malan? Hierdie skets van ‘n man en sy tyd – die eerste van ‘n Nasionale Party eerste minister ná 1994 – probeer ook dié vraag te beantwoord.
€19.99
支付方式

关于作者

Lindie Koorts is ‘n historikus wat tans as ‘n na-doktorale genoot aan die Universiteit van die Vrystaat se Sentrum vir Afrikastudie verbonde is. Sy het haar meestersgraad in historiese studies aan die Universiteit van Johannesburg verwerf en haar doktorsgraad in geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch.

Dié biografie is gegrond op vier jaar se navorsing. In dié tyd het sy ook ‘n jaar by die Biografie-instituut van die Rijksuniversiteit Groningen in Nederland deurgebring waar sy haar skryfvaardighede geslyp het.
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 459 ● ISBN 9780624055860 ● 文件大小 8.2 MB ● 出版者 Tafelberg ● 发布时间 2014 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 4533882 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

8,481 此类电子书