放大镜
搜索加载器

Michael Brett 
Reis Deur Suid-Afrika Se Nasionale Parke 

支持
Adobe DRM
的封面 Michael Brett: Reis Deur Suid-Afrika Se Nasionale Parke (ePUB)
In 1926 was daar net een wildreservaat in Suid-Afrika. Vandag spog die land met altesaam 19 nasionale parke wat deur National Geographic as die beste netwerk beskermde gebiede in die wêreld buite die Verenigde State van Amerika beskryf is.In hierdie boek maak die leser kennis met wat ongetwyfeld Suid-Afrika se kosbaarste nasionale skat is – sy nasionale parke. Dit bevat inligting wat nog nooit in druk verskyn het nie, tesame met 25 uitvoerige kaarte wat die jongste gegewens oor grondaankope en toerismeontwikkeling in elke park en die onlangs gevestigde oorgrensparke in die naburige Mosambiek, Zimbabwe, Botswana en Namibië bevat. Noodsaaklike besonderhede vir besoekers, interessante feite oor wildverspreiding en inligting oor verblyfgeriewe word in maklik verstaanbare tabelle en tekskassies aangebied.Hierdie boek is ’n noodsaaklike reismetgesel vir enigeen wat beplan om Suid-Afrika se skouspelagtige nasionale parke te verken.Michael Brett is ’n kenner op die gebied van Afrika-bewaring en -toerisme, en ’n bedrewe kartograaf en fotograaf. Hy het ’n meestersgraad in Beskermde Gebied-bestuur aan die Universiteit van Kwa Zulu-Natal verwerf en was as konsultant by bewaringsprojekte in Suider-Afrika betrokke. Hy is die skrywer van 12 boeke oor Suid-Afrika, Kenia en die Verenigde State.
€6.21
支付方式
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 64 ● ISBN 9781920545161 ● 出版者 Penguin Random House South Africa ● 发布时间 2013 ● 下载 6 时 ● 货币 EUR ● ID 2825203 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

4,373,308 此类电子书