放大镜
搜索加载器

Nelia Engelbrecht 
Die Poort 1: Bewakers 

支持
Adobe DRM
的封面 Nelia Engelbrecht: Die Poort 1: Bewakers (ePUB)
“Die poort is oop.”
Ek skrik my amper besimpeld toe die ou tannie langs my skielik praat. Ek draai na haar toe. My nekhare rys en my lyf slaan hoendervleis uit.
Ek sweer iemand het haar iewers in ’n begraafplaas opgegrawe. Geel vel span styf bo-oor haar kop, en hier en daar klou bossies hare soos droë gras aan haar kopvel vas.
Sy leun nader. Ek ruik verlepte blomme.
“Jy het haar ook gesien, ” sê sy. “Hulle het haar kom haal.”
Sy trek haar ogies nog kleiner. “Die stomme baba. Hy gaan nou sonder ’n ma grootword.”
Skielik gryp sy my hande. Ek kyk af. Kraaikloue klem my vingers vas. ’n Vreemde hitte styg op in my arms, my nek, my kop. Ek probeer my hande uit hare trek, maar my spiere wil nie na my brein luister nie.
“Ek weet nie wat Tannie . . .”
“Jy wéét, ” val sy my in die rede. “Jy sién. Nes ek.”
€8.49
支付方式

关于作者

Nelia Engelbrecht is in Klerksdorp gebore. In 1994 begin sy fiksie skryf – kortverhale en liefdesverhale. Haar jeugboek Pandora se boks is die wenner van ‘n ATKV-kinderboektoekenning sowel as die Scheepersprys vir Jeuglektuur (2009). Sy werk tans as redakteur en skrywer in die Korporatiewe Sake-kantoor van die Potchefstroom-kampus van die NWU.
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 144 ● ISBN 9780624077480 ● 文件大小 0.3 MB ● 年龄 17-16 年份 ● 出版者 Tafelberg ● 发布时间 2016 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 5506012 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

55,137 此类电子书