放大镜
搜索加载器

Schalkie van Wyk 
Die liefde oorwin 

支持
Adobe DRM
的封面 Schalkie van Wyk: Die liefde oorwin (ePUB)
Toe die pragtige Ilse Brink universiteit toe gaan, het sy nie die spreekwoordelike sterre in haar oë en die wêreld aan haar voete nie. Sy besef dat sy hard sal moet werk – en boonop gou klaarkry – sodat sy kan help om vir haar behoeftige ouers op die plaas te sorg.
En toe vat ‘n nuwe idee by haar pos: as sy met ‘n ryk man kan trou, ‘n ryk man met baie geld, sodat sy en haar ouers nooit weer aan hulle armoede hoef te dink nie . . .
Ilse is ‘n gelukkige meisie, want sy loop vir Bruce Reyneke raak. Hier en daar hoor sy wel ‘n storietjie oor Bruce, maar wat maak dit saak? Hy het mos baie geld en hy is beleef teenoor haar.
Ilse se boesemvriend, Henk Retief, hou haar egter met ‘n arendsoog dop, en hy weet: eendag sal Ilse se oë wel oopgaan. Maar dit was voordat sy ingewillig het dat die beroemde Tobias Meiring haar skilder. Tobias het ook geld, en boonop is hy aantreklik, sjarmant en die antwoord op enige mooi meisie se drome – al is hy oud genoeg om Ilse se vader te wees.
Die liefde oorwin is ‘n pakkende, eg-menslike verhaal wat end-uit boei.
€4.99
支付方式

关于作者

Schalkie van Wyk woon in Johannesburg.Toe sy laas getel het, het daar reeds oor die honderd liefdesverhale uit haar pen verskyn.
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● ISBN 9780624075424 ● 文件大小 1.0 MB ● 出版者 Tafelberg ● 发布时间 2015 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 4624602 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

697,873 此类电子书