放大镜
搜索加载器

Zelda Bezuidenhout 
Die dekonstruksie van Retta Blom 

支持
Jare lank al is Lauretta Blom ’n gedienstige huisvrou in haar beige paleis, die eggenoot van Tobias Blom, ’n suksesvolle sakeman met belange in Johannesburg én die Kaap. Maar met hulle seunskinders wat nou groot en uit die huis uit is, begin die stilte en die pynlike netheid van Lauretta se praghuis in die Johannesburgse sekuriteitslandgoed haar vasdruk. En sy wonder oor al die dinge wat sy nié gedoen het nie en hoe dit haar lewe gevorm het. Wanneer sy boonop begin vermoed dat Tobie vir haar iets wegsteek, besluit sy dat dit tyd is om dié dinge te doen wat sy nooit tevore aangedurf het nie. Eerste op die lys is ’n road trip Kaap toe saam met haar hond, Charlie, en haar kunstenaarsvriendin, Leigh. Die reis lei na die ontwaking van ’n nuwe Retta op ’n kleinhoewe buite Bethulie en na onthullings in die Kaap wat haar hele lewe omverwerp.
€13.99
支付方式

关于作者

Zelda Bezuidenhout is ’n skrywer van jeugverhale, kortverhale, rubrieke, reklamekopie en volwasse fiksie. Haar jeugverhaal As mens geluk kon proe is in 2017 as naaswenner in Lapa se Jeugromankompetisie bekroon. Die dekonstruksie van Retta Blom is haar eerste roman vir volwassenes. Sy woon op Parys in die Vrystaat.
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 320 ● ISBN 9780795709005 ● 文件大小 0.5 MB ● 出版者 Kwela ● 发布时间 2019 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 7035434 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

697,340 此类电子书