Magnifying Glass
Search Loader

Albert Blake 
Robey Leibbrandt 
‘n Lewe van fanatiesme

Support
Die Suid-Afrikaanse Olimpiese bokser ROBEY LEIBBRANDT is gedurende die Tweede Wêreldoorlog deur die Nazi’s op ‘n epiese tog in ‘n klein seiljag van Europa na Suid-Afrika gestuur.
Sy missie? Om in opdrag van die Duitse militêre geheimediens as skakel tussen die Nazi’s en die Ossewabrandwag te dien. Leibbrandt het ook sy eie planne gehad om ‘n sluipmoord op eerste minister Jan Smuts uit te voer en die regering omver te werp.
Leibbrandt het ‘n aanhanger van nasionaal-sosialisme geword toe hy in 1936 vir Suid-Afrika aan die Olimpiese Spele in Berlyn deelgeneem het. Hy is daarna deur die Duitse militêre geheimediens gewerf en het intensiewe sabotasieopleiding ontvang.
Wie was hierdie man wat uiteindelik aan hoogverraad skuldig bevind en ter dood veroordeel is? Dié biografie deur die bekroonde skrywer Albert Blake werp nuwe lig op hierdie enigmatiese figuur en die fanatisme wat hom aangevuur het.
€9.49
payment methods

About the author

ALBERT BLAKE is ’n gewilde niefiksieskrywer wat al meer as ses boeke die lig laat sien het, waaronder die topverkoper Boereverraaier.
Hy is in 2014 deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns met die Louis Hiemstra-prys bekroon vir Boerekryger: ’n Seun se hoogste offer.
Sy werke was ook al op die kortlyste vir die kyk NET/Rapport-prys, ATKV-Woordveertjies en South African Literature Awards. Hy is ’n navorsingsgenoot aan die Universiteit aan die Vrystaat en praktiseer as prokureur in Gauteng.
Hierdie is sy sewende boek.
Language Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 312 ● ISBN 9781868429790 ● File size 4.5 MB ● Publisher Jonathan Ball ● City London ● Country GB ● Published 2019 ● Downloadable 24 months ● Currency EUR ● ID 7184378 ● Copy protection Social DRM

More ebooks from the same author(s) / Editor

8,481 Ebooks in this category