Magnifying Glass
Search Loader

Author: Dana Snyman

Support
Dana Snyman is op Stellenbosch gebore. Sy pa, oom Coenie, was “n predikant – een van daardie predikante wat elke vier jaar “n beroep na nog “n klein, afgeleë dorpie aanvaar het. Hy skryf op die ou end matriek op die destydse Nylstroom. Ná “n kort, onsuksesvolle universiteitsloopbaan, werk hy onder meer as veiligheidswag, skakelbordoperateur, en boekwinkelklerk. Met die genade van Bo beland hy in die joernalistiek. Hy werk eers as misdaadverslaggewer by Beeld, daarna skryf hy vir Huisgenoot oor enigiets van bomontploffings tot die wêreldkettieskiet-kampioenskappe.Van 2004 tot 2008 was hy die reistydskrif Weg! se reisskrywer. Vandag skryf Dana voltyds. Sy rubrieke en stories verskyn in Die Burger, Beeld, By en talle tydskrifte. Sy boeke sluit in Uit die binneland, Anderkant die scrap, Op die agterpaaie, Op die toneel en Hiervandaan. Op die agterpaaie het ook in Engels verskyn as On the Back Roads en Hiervandaan as The Long Way Home. Anderkant die scrap is ook as luisterboek beskikbaar. Vir sy skryfwerk het Dana reeds talle Mondi- en Pica-toekennings ontvang. Wanneer hy nie op reis is nie, woon Dana op Jacobsbaai saam met Jerry, Kleintjie en Vlooi, sy getroue township-special honde.




11 Ebooks by Dana Snyman

Dana Snyman: The Long Way Home
Renowned travel writer Dana Snyman goes in search of his roots as he grapples with his place in South Africa today. He starts this distinctly South African story with the first Snyman, born of a …
EPUB
English
DRM
€13.99
Dana Snyman: Hiervandaan
Veelbekroonde reisskrywer Dana Snyman vertel die verhaal van sy eie lewensreis, dié van sy familie en van sy land.Hy reis agter stories uit die verlede aan, van die eerste Snyman, seun van ’n wit pa …
EPUB
Afrikaans
DRM
€12.99
Dana Snyman: Onder die radar
Dana Snyman is een van Suid-Afrika se mees geliefde en geleesde skrywers. In dié bundel skryf hy weer met sy kenmerkende humor en patos oor die lewens van gewone mense, mense wat onder die radar …
EPUB
Afrikaans
DRM
€12.99
Dana Snyman: In die blou kamp
Dana Snyman is volksbesit. Hy reis rond deur Suid-Afrika en skryf oor sy ontmoetinge met mense langs die pad, die trokdrywers, die meisie wat in matriek swanger geraak het, donkie-eienaars, die vrou …
EPUB
Afrikaans
DRM
€13.99
Dana Snyman: Op pad: ‘n Reisjoernaal
As Dana ná besoeke aan Orania, sy ouma-hulle se erf, Adriaan Vlok (met sy voetwasskottel) en Manji van Nkandla huis toe ry, is dit met ‘n nuwe manier van kyk – en ‘n nuwe hond. Die verhaal neem sy …
EPUB
Afrikaans
DRM
€13.99
Dana Snyman: Soekmekaar
‘Ek voel nie meer geborge in my huis op Jacobsbaai nie. Miskien suig ‘n huis se mure en dak jou verdriet en verwildering op nes ‘n spons water opsuig. My huis treur saam met my. Oor Anette se …
EPUB
Afrikaans
DRM
€13.99
Dana Snyman: Op die toneel
’n Veertigtal stories deur een van ons gewildste skrywers.  Stories met humor én met droefheid, van dinge wat verander het en dinge wat dieselfde bly, oor families en oor vreemdelinge. “Die mens is …
EPUB
Afrikaans
DRM
€13.99
Dana Snyman: Uit die binneland
Snyman se humoristiese pen breek weg na plattelandse cafés met juke-bokse en seven singles, besoeke aan die “Monnemint” en Boeregrafte, in ’n tyd dat Valiants en Zephyrs nog bekende name was. Juis op …
EPUB
Afrikaans
DRM
€13.99
Dana Snyman: Anderkant die scrap
Agt en veertig uitgesoekte Dana-stories. Vir lesers wat wou weet wie daardie mense op die omslag van Dana se blitsverkoper Uit die binneland was, lê hy nou familie uit in die storie “Familiefoto”. …
EPUB
Afrikaans
DRM
€14.99
Dana Snyman: In die tyd van die gif
Min sou Dana Snyman weet toe hy die Rugbywêreldbeker-eindstryd op Rondomskrik kyk dat die euforie van dié oomblik kortstondig sou wees; dat ons lewens binnekort handomkeer sou verander. Dana verwoord …
EPUB
Afrikaans
DRM
€11.99
Dana Snyman: Die binneland in
Dana Snyman is volksbesit. Met Die binneland in verken dié geliefde skrywer ons land en sy mense vandag. Dana reis landin, op soek na sekerheid en lig. Hy rou oor dié wat weggeval het,  soos die …
EPUB
Afrikaans
DRM
€12.99