Magnifying Glass
Search Loader

Kristel Loots 
Vroue met vlerke 

Support
Adobe DRM
Cover of Kristel Loots: Vroue met vlerke (ePUB)
Emma dra verskriklike verwyte in haar binneste rond. Sy het iets vreesliks gedoen en dit kou aan haar. Sy voel al klaar moeilik om lief te he met haar mollige lyf en haar vaal gelaatstrekke. Miskien as sy ook funky en blond en pret kon wees sou sy liefde kon vind. Sy wil ook weet hoe dit voel om iemand se arms styf om jou te voel … iemand soos Burger Botha. Dis n eensame pad wat sy stap en die laaste mense by wie sy kan troos soek is haar ma en suster. Die Bybelversies van haar kindertyd weergalm in haar kop en herinner haar dat sy eintlik maar n closet Christen is. Sy weet wat sy verkeerd gedoen het, wat sy aangevang het, maar hoe gaan sy dit regmaak? Waar begin sy om na vergifnis te soek?As n mens nie van jouself hou nie is dit moeilik om te glo dat iemand anders van jou sal kan hou. En as Emma nie haarself kan vergewe, of vir haarself lief kan wees nie, wie sal ooit kan? Sy voel allesbehalwe soos n engel, eintlik meer soos n duiwel, om die waarheid te se. Haar skuld is te swaar om alleen te dra. Emma het gehoor dat bevryding jou vlerke gee, en daar is soveel engel-vroue rondom haar met vlerke. Dalk kan hulle haar help om haar eie vlerke te kry sodat sy uiteindelik vry en haarself kan wees.
€11.67
payment methods
Language Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 256 ● ISBN 9781779880314 ● Publisher LAPA Publishers ● Published 2024 ● Downloadable 3 times ● Currency EUR ● ID 9386653 ● Copy protection Adobe DRM
Requires a DRM capable ebook reader

More ebooks from the same author(s) / Editor

4,401,803 Ebooks in this category