Vir meeste gewone mense is die regswêreld totaal vreemd en intimiderend. Vir baie selfs vreesaanjaend.Hierdie boek is soos ’n warrelwind wat ’n kostelike vrag van humorvolle anekdotes van hofsake en hofverrigtinge, lagwekkende grepies uit die verlede asook uit ander lande se regspraktyke, onmoontlike uitsprake en allersnaakste stories vir die leser bring. Die boek bewys dat die regbank en die regswêreld ook propvol menslike drama, intrige, soms groot domheid en baie kere vol patos is.Dis ’n kleurvolle kaleidoskoop van die baie ligter fasette van die regspleging. In die geheel en ten diepste is dit die skrywer se eie nostalgiese, soms aweregse maar veral passievolle terugblik op sy eie moeisame klimtog teen die steil berghange van die regslandskap.
Kees Van Dijkhorst
Die Hof Verdaag
Die Hof Verdaag
Taal Afrikaans ● Formaat EPUB ● Pagina’s 160 ● ISBN 9780620620963 ● Bestandsgrootte 4.6 MB ● Uitgeverij Kees van Dijkhorst ● Gepubliceerd 2016 ● Editie 1 ● Downloadbare 24 maanden ● Valuta EUR ● ID 5464208 ● Kopieerbeveiliging Adobe DRM
Vereist een DRM-compatibele e-boeklezer