Vir meeste gewone mense is die regswêreld totaal vreemd en intimiderend. Vir baie selfs vreesaanjaend.Hierdie boek is soos 'n warrelwind wat 'n kostelike vrag van humorvolle anekdotes van hofsake en hofverrigtinge, lagwekkende grepies uit die verlede asook uit ander lande se regspraktyke, onmoontlike uitsprake en allersnaakste stories vir die leser bring. Die boek bewys dat die regbank en die regswêreld ook propvol menslike drama, intrige, soms groot domheid en baie kere vol patos is.Dis 'n kleurvolle kaleidoskoop van die baie ligter fasette van die regspleging. In die geheel en ten diepste is dit die skrywer se eie nostalgiese, soms aweregse maar veral passievolle terugblik op sy eie moeisame klimtog teen die steil berghange van die regslandskap.
Kees Van Dijkhorst
Die Hof Verdaag
Die Hof Verdaag
Język Afrikaans ● Format EPUB ● Strony 160 ● ISBN 9780620620963 ● Rozmiar pliku 4.6 MB ● Wydawca Kees van Dijkhorst ● Opublikowany 2016 ● Ydanie 1 ● Do pobrania 24 miesięcy ● Waluta EUR ● ID 5464208 ● Ochrona przed kopiowaniem Adobe DRM
Wymaga czytnika ebooków obsługującego DRM