Szkło powiększające
Search Loader

Annelize Slabbert 
’n Luiperd in my bed 

Wsparcie
Adobe DRM
Pokrywa Annelize Slabbert: 'n Luiperd in my bed (ePUB)
'Met die middagson kom die lugspieëlings wat aan die vallei sy naam gegee het: Deception Valley. Dan skuil alles wat asemhaal in die koelte van 'n matjarra, rug na die wind gedraai. In die lang geelwit gras lê die leeus uitgestrek en slaap. Net die vlakvarke draf stertorent nader vir 'n modderbad…’ Annelize Slabbert was 'n joernalis in Johannesburg en haar man, Gerard, 'n apteker. Doodgewone stedelinge. Toe word hulle moeg vir die lewe in die stad, die spitsverkeer en die gejaag, en verhuis sak en pak na Botswana. Hier, in die son en sand van die Sentraal-Kalahari, gaan hulle 'n luukse vierster-lodge bestuur. Min het hulle geweet wat wag. Tussen die luiperdwyfie in die slaapkamer, die dansende Russe en 'wilde diere’ in die swembad, sal hierdie boek jou laat lê van die lag … en jou twee keer laat dink voor jy jou eie landelike idille aandurf.
€12.99
Metody Płatności

O autorze

ANNELIZE SLABBERT is 'n skrywer en voormalige joernalis by Huisgenoot, Beeld en Finansies & Tegniek. Sy is getroud met Gerard Slabbert, 'n apteker. Tot hul onlangse aftrede het hulle saam 'n vierster-lodge in die Sentraal-Kalahari, Botswana bestuur. By Storieboom, hul nuwe tuiste in Kwa Zulu-Natal, verskaf haar honde en tuin haar eindelose vreugde.
Język Afrikaans ● Format EPUB ● Strony 272 ● ISBN 9780624082361 ● Rozmiar pliku 2.7 MB ● Wydawca Tafelberg ● Opublikowany 2018 ● Ydanie 1 ● Do pobrania 24 miesięcy ● Waluta EUR ● ID 5611605 ● Ochrona przed kopiowaniem Adobe DRM
Wymaga czytnika ebooków obsługującego DRM

Więcej książek elektronicznych tego samego autora (ów) / Redaktor

12 709 Ebooki w tej kategorii