放大镜
搜索加载器

Annelize Slabbert 
‘n Luiperd in my bed 

支持
Adobe DRM
的封面 Annelize Slabbert: 'n Luiperd in my bed (ePUB)
‘Met die middagson kom die lugspieëlings wat aan die vallei sy naam gegee het: Deception Valley. Dan skuil alles wat asemhaal in die koelte van ‘n matjarra, rug na die wind gedraai. In die lang geelwit gras lê die leeus uitgestrek en slaap. Net die vlakvarke draf stertorent nader vir ‘n modderbad…’ Annelize Slabbert was ‘n joernalis in Johannesburg en haar man, Gerard, ‘n apteker. Doodgewone stedelinge. Toe word hulle moeg vir die lewe in die stad, die spitsverkeer en die gejaag, en verhuis sak en pak na Botswana. Hier, in die son en sand van die Sentraal-Kalahari, gaan hulle ‘n luukse vierster-lodge bestuur. Min het hulle geweet wat wag. Tussen die luiperdwyfie in die slaapkamer, die dansende Russe en ‘wilde diere’ in die swembad, sal hierdie boek jou laat lê van die lag … en jou twee keer laat dink voor jy jou eie landelike idille aandurf.
€12.99
支付方式

关于作者

ANNELIZE SLABBERT is ‘n skrywer en voormalige joernalis by Huisgenoot, Beeld en Finansies & Tegniek. Sy is getroud met Gerard Slabbert, ‘n apteker. Tot hul onlangse aftrede het hulle saam ‘n vierster-lodge in die Sentraal-Kalahari, Botswana bestuur. By Storieboom, hul nuwe tuiste in Kwa Zulu-Natal, verskaf haar honde en tuin haar eindelose vreugde.
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 272 ● ISBN 9780624082361 ● 文件大小 2.7 MB ● 出版者 Tafelberg ● 发布时间 2018 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 5611605 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

12,709 此类电子书