Kính lúp
Trình tải tìm kiếm

Marzanne Leroux 
Israel-reeks: Omnibus 1 
Granate bloei in Jerusalem en Hatikvah Land van hoop

Ủng hộ
Adobe DRM
Bìa của Marzanne Leroux: Israel-reeks: Omnibus 1 (ePUB)
Granate bloei in Jerusalem: Marc, ‘n jong Suid-Afrikaanse kunstenaar, gaan na Jerusalem om sy Joodse ouma, Ruwth, te ontmoet en sy eie Joodse wortels na te speur. Hy vind so sterk aanklank by die Joodse geloof dat hy verstrengel raak in ‘n geloofstryd. Te midde van geweld en selfmoord-bomaanvalle kry hy Rivkah, die dapper Jodin, lief. Terug in Suid-Afrika moet hy groot besluite neem: Sien hy kans om sy aan sy met geweld en onrus in Israel te leef – al is dit saam met Rivkah? Is daar vir hulle ‘n toekoms saam? En wie is Yeshua? Hatikvah: Land van hoop: Rivkah hoor sy is swanger. Terwyl sy worstel oor die ongebore kind se opvoeding, kyk Marc deur kunstenaarsoë na kinders rondom hom. Maar ‘n tragiese gebeurtenis bring onbeantwoorde vrae tussen Marc en Rivkah en lei tot huwelikspanning. Sal Rivkah hoop vir die toekoms vind?
€12.99
phương thức thanh toán

Giới thiệu về tác giả

Marzanne Leroux-Van der Boon is ‘n bekende en bekroonde skrywer wat in Kaapstad woon. Sy is veral bekend vir haar liefdesromans – wat allerhande etiese en aktuele kwessies aansny – en het ook ‘n passie vir Israel, wat die afgelope paar jaar uitgeloop het op gewilde romans wat in daardie land afspeel.
Ngôn ngữ Tiếng Nam Phi ● định dạng EPUB ● Trang 624 ● ISBN 9780796321985 ● Kích thước tập tin 1.0 MB ● Nhà xuất bản Lux Verbi ● Được phát hành 2019 ● Phiên bản 1 ● Có thể tải xuống 24 tháng ● Tiền tệ EUR ● TÔI 7192226 ● Sao chép bảo vệ Adobe DRM
Yêu cầu trình đọc ebook có khả năng DRM

Thêm sách điện tử từ cùng một tác giả / Biên tập viên

700.748 Ebooks trong thể loại này