Haar naam is Niekie. Sy is sy prinses. En binnekort gaan hy haar vir ewig laat slaap ”¦ Terwyl haar ouers oorsee werk, bly Niekie in haar matriekjaar op haar eie in ’n woonstel in die stad. Kort nadat sy en haar kêrel, Zack, baklei het, verdwyn Niekie spoorloos. Die polisie is nie dadelik agterdogtig nie ”“ Niekie het immers ietwat van ’n losbol-kunstenaarstemperament en het al voorheen uit die bloute saam met haar kunstenaars-oom die pad gevat om te gaan skilder. Maar Zack begin al hoe meer bekommerd raak. Waarom het Niekie nie opgedaag vir hulle afspraak nie? Hoekom antwoord sy nie haar foon nie? Ignoreer sy hom dalk net omdat sy vies is vir hom? Maar toe Zack boonop haar woonstel verlate aantref, weet hy iets is verkeerd.
Ngôn ngữ Tiếng Nam Phi ● định dạng EPUB ● Trang 152 ● ISBN 9780799391183 ● Nhà xuất bản LAPA Uitgewers ● Được phát hành 2018 ● Có thể tải xuống 3 lần ● Tiền tệ EUR ● TÔI 6557161 ● Sao chép bảo vệ Adobe DRM
Yêu cầu trình đọc ebook có khả năng DRM