放大镜
搜索加载器

Charné Kemp 
Bloed, dunner as water 
Suid-Afrika se berugste familiemoorde

支持
Adobe DRM
的封面 Charné Kemp: Bloed, dunner as water (ePUB)
Hoe vermoor jy jou eie familie? Dit is elke keer skokkend: Ouers wat hul eie kinders se lewens uitwis – kinders wat hul ouers om die lewe bring – broers en susters wat eens en vir altyd teen mekaar draai. Suid-Afrika het talle sulke tragiese voorvalle. Venolia Siwa: moordenaar van haar vyf kinders. Phoenix Theron wat haar ma vermoor het om haar suster te beskerm. Don Steenkamp: moordenaar van sy ouers en sussie. John Langeveldt wat sy suster en neef met ‘n byl doodgekap het. En nog meer… Hoe word familiebande so totaal verbreek? Joernalis Charné Kemp, topverkoperskrywer van Moord op Griekwastad, klop by kenners aan en gaan haal die storie agter die stories.
€12.99
支付方式

关于作者

Charné Kemp is ‘n spesialis verslaggewer by Netwerk24 in Kimberley. Sy het in Florida grootgeword en haar BA-Kommunikasie graad by die destydse Universiteit van die Oranje Vrystaat behaal. Sy het haar loopbaan as koerantjoernalis in Johannesburg begin, en na tydskrifjoernalistiek oorgeskuif. Sy was later ‘n personeeltydskrifredakteur en publisiteitsbestuurder by M-Net. Sy was tien jaar in die buiteland waar sy onder meer vryskutwerk gedoen het. Kemp is sedert 2010 jaarliks as ‘n streekwenner in verskeie kategorieë in die Vodacom Joernalis van die Jaar-kompetisie aangewys, en is twee keer as ‘n nasionale finalis in die Standard Bank Sikuvile Joernalis van die Jaar-kompetisie benoem. Sy was in 2013 as Volksblad se Joernalis van die Jaar aangewys, en was in 2017 ‘n finalis in Media24 se Legends-kompetisie. Haar eerste boek, Moord op Griekwastad, is in 2014 gepubliseer.
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 240 ● ISBN 9780624075479 ● 文件大小 0.4 MB ● 出版者 Tafelberg ● 发布时间 2018 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 6433090 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

10,145 此类电子书